QPro Feeds (Edms.) Bpk.

QPro Feeds (Edms.) Bpk. het ontstaan met die samevoeging van die twee veevoerfabrieke, TripleV in Vrede en Nu- Pro Voere (Edms.) Bpk. (Nu-Pro Voere) in Bethlehem, gedurende April 2019. Die samevoeging sal heelwat sinergie tussen die fabrieke ontsluit, wat tot verhoogde effektiwiteit sal bydra.


In 2012 het die VKB Groep ’n veevoeraanleg in Vrede opgerig met die doel om voer vir die kontrakgroeiers van GFC te produseer en sodoende optimale groei en ’n konstante voorraad gehaltehoenders aan die abattoir te voorsien.


Die aanleg het ’n produksiekapasiteit van ongeveer 15 000 ton veevoer per maand. Ongeveer 80 000 ton geelmielies en 24 000 ton soja-oliekoek word jaarliks in die aanleg gebruik. Die fabriek beskik oor gesofistikeerde toerusting en vervaardig ’n volledige reeks veevoere wat deur VKB se handelstakke versprei word. Produkte is beskikbaar in massa, 50 kg-sakke, verpil, verkorrel of as meel.


Nu-Pro Voere in Bethlehem was die eerste nywerheid waarby VKB in 2008 betrokke geraak het. VKB besit tans ’n 100%-aandeel in dié maatskappy, ’n moderne en tegnologies gevorderde veevoeraanleg wat fokus op die vervaardiging van ’n verskeidenheid veevoere, insluitend suiwel-, bees-, skaap-, wild-, lêhen- en braaikuikenvoer. Die aanleg het ’n maandelikse produksiekapasiteit van 7 000 ton.


Die veevoerfabrieke het die bykomende voordeel dat dit ’n gewaarborgde mark verseker vir ’n gedeelte van die soja-oliekoek wat Free State Oil produseer.

Tel: 058 303 9587/9