VKB GROEP STANDAARD VERKOOPSVOORWAARDES

 

  1. Hierdie standaard verkoopsvoorwaardes sal van toepassing wees op alle bestellings en/of verkope van produkte en die lewering van dienste deur die verkoper aan die koper, insluitend alle bestellings en wysigings daarvan, asook alle lewerings en betalings.

 

  1. Die verkoper verkoop produkte en lewer dienste aan kopers wat:
    • onderhewig is aan die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008 (“die VBW”); of
    • buite die trefwydte van die VBW val.

 

  1. Die VBW bevat bepalings wat slegs van toepassing is op kopers onderhewig aan die VBW, welke bepalings nie van toepassing is op kopers wat buite die trefwydte van die VBW val nie.

 

  1. Gerieflikheidshalwe bevat hierdie standaard verkoopsvoorwaardes die volgende drie stelle klousules:
    • Klousules van toepassing op alle kopers, ongeag of hulle aan die VBW onderhewig is, te wete klousules 1 tot 24 en 42 tot 45;
    • Klousules slegs van toepassing op kopers wat buite die trefwydte van die VBW val, te wete klousules 25 tot 31; en
    • Klousules slegs van toepassing op kopers wat aan die VBW onderhewig is, te wete klousules 32 tot 41.

 

  1. Hierdie drie stelle klousules is duidelik onderskei en die koper bevestig dat hy/sy/dit bewus is van hierdie onderskeid.

 

  1. Die VBW is nie van toepassing op ʼn regspersoon met bates of ʼn jaarlikse omset van meer as R2 miljoen nie. Ingevolge die VBW sluit ʼn regspersoon (byvoorbeeld ʼn maatskappy, ‘n beslote korporasie, ‘n vennootskap en ‘n trust) in.

 

  1. Die koper bevestig dat hy/sy/dit:
    • in staat is om te bepaal of hy/sy/dit onderhewig is aan die VBW en derhalwe in staat is om die klousules te identifiseer wat op die koper van toepassing is; of
    • alternatiewelik bewus is daarvan dat hy/sy/dit die verkoper mag nader vir advies en bevestiging van die toepaslikheid van die VBW.

 

  1. VERBRUIKERS ONDERHEWIG AAN DIE VBW BEVESTIG DAT DIE KLOUSULES OP HULLE VAN TOEPASSING MAG:

8.1       DIE RISIKO EN AANSPREEKLIKHEID VAN DIE VERKOPER BEPERK;

8.2       BEPAAL DAT DIE KOPER ʼn RISIKO AANVAAR;

8.3       MEEBRING DAT DIE KOPER DIE VERKOPER VRYWAAR; en/of

8.4       FEITELIKE ERKENNINGS DEUR DIE KOPER BEVAT.

 

  1. DIE KOPER ONDERHEWIG AAN DIE VBW BEVESTIG DAT HY/SY/DIT BEWUS IS VAN DIE KLOUSULES IN KLOUSULE 8 NA VERWYS, INSTEM OM AAN SODANIGE KLOUSULES GEBONDE TE WEES EN BEVESTIG DAT HY/SY/DIT DIE INHOUD EN EFFEK VAN SODANIGE KLOUSULES VERSTAAN; ALTERNATIEWELIK DAT HY/SY/DIT BEWUS IS DAARVAN DAT DIE VERKOPER AANBIED OM SODANIGE KLOUSULES AAN DIE KOPER TE VERDUIDELIK, INDIEN ENIGE KLOUSULE ONDUIDELIK MAG WEES.

 

  1. DIE KOPER ONDERHEWIG AAN DIE VBW BEVESTIG SY/HAAR KENNIS VAN EN INSTEMMING TOT SODANIGE KLOUSULES.

 

TERME EN VOORWAARDES VAN TOEPASSING OP ALLE KOPERS

 

  1. DIE PARTYE:

11.1     Die verkoper van die produkte met besonderhede soos vervat in die aansoek om krediet en/of die betrokke bestelling en/of die betrokke faktuur is die entiteit met die besonderhede soos vervat op die betrokke aansoek om krediet en/of bestelling en/of faktuur.

11.2     Die besonderhede van die koper van die produkte is soos vervat in die aansoek om krediet en/of die betrokke bestelling en/of die betrokke faktuur.

11.3     Die ondertekenaars van die aansoek om krediet en/of die betrokke bestelling en hierdie verkoopsvoorwaardes, indien van toepassing, waarborg dat hulle behoorlik gemagtig is om hulle prinsipale te verteenwoordig en om hierdie ooreenkoms aan te gaan.

11.4     Die koper bevestig die regsaard en besonderhede vervat in die aansoek om krediet en/of die betrokke bestelling en/of die betrokke faktuur.  Sou enige van hierdie besonderhede verander, is die koper verplig om die verkoper skriftelik daarvan in kennis te stel.

 

  1. DIE PRODUKTE:

12.1     Die produkte van tyd tot tyd verkoop word beskryf in die bestelling deur die koper by die verkoper geplaas en/of die afleweringsnota en/of faktuur.

12.2     Die verkoper sal geregtig maar nie verplig wees om produkte mondeling deur die koper bestel te verkoop en te lewer, in welke geval sodanige lewering bindend sal wees op die koper, tensy die koper binne 5 (VYF) besigheidsdae beswaar aanteken teen sodanige lewering.

12.3     Aanvaarding van die koper se bestelling deur die verkoper vind plaas wanneer die verkoper sodanige bestelling skriftelik aanvaar en/of uitvoer.  Die plek van aanvaarding, wat as die plek van kontraksluiting geag sal word, sal daardie plek wees waar die verkoper die koper se bestelling aanvaar.

  • Tensy die teendeel uitdruklik vermeld word, verteenwoordig alle metrieke mate soos vervat in die verkoper se pryslys of aangedui op die houers van die produkte die netto gewig/volume ten tye van die verpakking daarvan, uitgesluit die gewig van die verpakkingsmateriaal.
  • Indien ʼn bestelling deur die koper geplaas word, sal sodanige bestelling ʼn onherroeplike aanbod om die betrokke produkte aan te koop daarstel en die aanvaarding van sodanige aanbod/bestelling deur die verkoper sal ʼn geldige kooptransaksie daarstel op die terme en voorwaardes hierin uiteengesit. Enige voorwaardes aangeheg by of vervat in sodanige bestelling van die koper wat teenstrydig is met die terme en voorwaardes hiervan, word uitdruklik uitgesluit.
  • Geen bestelling wat deur die verkoper aanvaar is, mag deur die koper gekanselleer word nie, tensy die skriftelike toestemming daartoe vooraf van die verkoper verkry is.
  • Die koper is verantwoordelik daarvoor om die akkuraatheid van enige bestelling deur hom geplaas, te verseker.

 

  1. DIE PRYSE:

13.1     Die koopprys betaalbaar ten opsigte van die produkte aangekoop deur die koper, sal die prys wees soos ooreengekom tussen die partye of soos aangebring op die verpakking van die produk of die verkoper se lysprys soos op datum van lewering van die betrokke produkte, tensy die partye ʼn skriftelike ooreenkoms aangaan, behoorlik deur beide party onderteken, met betrekking tot afslag op sodanige lysprys en/of ʼn ander prys, na gelang van die geval.

13.2     Die gemelde pryse sluit addisionele koste, byvoorbeeld vervoerkoste, uit.  Sodanige addisionele koste sal afsonderlik van die koopprys ooreengekom en/of aangedui word.

 

  1. BETALING VAN KOOPPRYS:

14.1     Elke lewering sal beskou word as ʼn onafhanklike ooreenkoms en sal ʼn faktuur by lewering aan die koper uitgereik word ten opsigte van die koopprys en vervoerkoste, indien van toepassing.

  • Tensy die partye skriftelik anders ooreenkom, sal betaling van fakture geskied teen lewering van die produk.
  • Die partye bevestig dat kortings aan die koper toegestaan mag word as quid pro quo vir tydige betaling, indien die partye op ‘n ander betaaldatum ooreenkom, soos na verwys in klousule 14.2 hierbo. Indien die koper derhalwe sou versuim om tydig betaling te maak, sal alle kortings voorheen toegestaan verval en die volle bedrag sal derhalwe onmiddellik opeisbaar en deur die koper betaalbaar wees.  Die verkoper sal gevolglik die koper dienooreenkomstig faktureer vir enige kortings voorheen op ʼn transaksie toegestaan.
  • Indien die partye ʼn skriftelike ooreenkoms aangaan ingevolge waarvan betaling geskied op ander terme as wat in klousule 14.2 hierbo vervat is en die koper is in versuim om enige betaling ooreenkomstig sodanige skriftelike ooreenkoms te maak, sal die volle uitstaande balans op datum van sodanige versuim, onmiddellik opeisbaar en betaalbaar wees.

14.5     Die koper sal aanspreeklik wees vir betaling van versuimsrente op enige uitstaande bedrag, teen die maksimum koers toegelaat vir insidentele krediet ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (“NKW”), bereken vanaf die datum verskuldig tot en met volle vereffening, daagliks bereken en maandeliks saamgestel aan die einde van elke maand, tensy skriftelik anders ooreengekom.

14.6     Indien enige faktuur nie op die betaaldatum vereffen is nie of indien die verkoper op enige stadium nie met die finansiële posisie van die koper tevrede is nie, is die verkoper geregtig om verdere lewerings te weier en na sy diskresie onmiddellike betaling te eis ten opsigte van daardie produkte wat reeds aan die koper gelewer is.  Die verkoper sal geregtig wees om van die koper te vereis om die verkoper tevrede te stel dat die koper sy/haar verpligtinge ten opsigte van vorige en toekomstige kooppryse sal nakom.  Die inhoud van hierdie klousule 14.6 sal egter geensins afbreuk doen aan enige van die verkoper se ander regte wat dit regtens mag hê nie.

14.7     Alle betalings sal eerstens aangewend word ten opsigte van rente, daarna ten opsigte van enige regskoste en daarna ten opsigte van die kapitaal verskuldig ten opsigte van verkope van die produkte.

14.8     Die koopprys sal deur die koper aan die verkoper betaal word sonder enige aftrekking hoegenaamd, vry van wisselkoers en/of skuldvergelyking, voor of op die datum aangedui op die staat wat aan die koper uitgereik sal word.

  • Die verkoper sal die koper van ʼn maandstaat voorsien, indien van toepassing.
  • Indien die koper nie die gemelde maandstaat ontvang nie, is die koper verplig om die verkoper binne 15 (VYFTIEN) dae vanaf die einde van enige sodanige maand daarvan in kennis te stel en/of andersins ʼn afskrif van sodanige maandstaat te bekom.
  • Indien daar enige dispuut oor die presiese prys betaalbaar deur die koper aan die verkoper ontstaan, sal die verkoper se standaard lysprys vir die produkte of soortgelyke produkte van toepassing op datum van lewering van die bestelling, die koopprys van die produkte wees en welke beskikbaar is vir inspeksie deur die koper. Indien die pryse ten tye van ondertekening van die bestelling nog nie bepaal is nie sal die verkoper die pryse aan die koper voorsien sodra dit vasgestel is.  Die koper het 7 (SEWE) dae daarna geleentheid om die pryse te aanvaar of te verwerp.
  • Die verkoper sal geregtig wees om enige betaling vanaf die koper ontvang, aan te wend vir enige aanspreeklikheid van die koper teenoor die verkoper, ten opsigte van enige verkope van produkte of versuimsrente.

 

  1. LEWERING:

15.1     Lewering sal geskied by die perseel waar die produkte aangekoop word, tensy skriftelik anders ooreengekom en onderhewig aan hierdie klousule.

15.2     Tensy anders ooreengekom, vind lewering plaas wanneer die betrokke produkte op die wa, rytuig of voertuig van die vervoerkontrakteur gelaai word, in gevalle waar die koper met sodanige vervoerkontrakteur gekontrakteer het.  Sodanige vervoerkontrakteur sal die koper se agent wees en lewering aan die vervoerkontrakteur sal geag word behoorlike en voldoende lewering aan die koper te wees.

  • Indien die partye ooreenkom dat die verkoper met die betrokke vervoerkontrakteur kontrakteer, vind lewering plaas wanneer die produkte te die perseel aangedui op die betrokke bestelling en/of faktuur afgelaai is.
  • Indien vergoeding betaalbaar is ten opsigte van die vervoer van die produkte, is sodanige vergoeding betaalbaar voordat lewering plaasvind, tensy die partye andersins ooreenkom of die produkte aangekoop word op ʼn goedgekeurde debiteurerekening, in welke geval vergoeding vir die vervoer betaalbaar sal wees wanneer die koopprys ten opsigte van die produkte betaalbaar is.
  • Die koper stem in om te verseker dat die koper of ʼn gevolmagtigde individu teenwoordig sal wees om lewering te ontvang en die leweringsbewys te onderteken en waarborg die volmag van sodanige individu om aldus te ontvang en onderteken.
  • Die ondertekening van die afleweringsnota deur die koper sal aanvaarding van die inhoud daarvan daarstel, onderhewig aan die verdere terme van hierdie ooreenkoms. Ongeag ondertekening van die afleweringsnota deur die koper al dan nie, sal die koper desnieteenstaande verplig wees om enige dispuut oor die inhoud daarvan en/of oor die lewering, binne 5 (VYF) dae na lewering aan te teken en skriftelik aan die verkoper te voorsien, by versuim waarvan die afleweringsnota prima facie aanvaarding van die inhoud daarvan en/of van die lewering daar sal stel.  Die koper bevestig dat die beperking van ʼn 5 (VYF) dag periode redelikerwys noodsaaklik is, ten einde die verkoper in staat te stel om betyds sodanige dispuut te ondersoek, verifieer en beslis.
  • Om dieselfde redes sal die verkoper nie aanspreeklik wees vir enige skade aan die produkte of verpakking veroorsaak gedurende lewering, tensy die verkoper insgelyks binne 5 (VYF) dae na lewering skriftelik aldus ingelig word nie.

 

  1. GEHALTE EN HANDELSMERKE:

16.1     Die verkoper sal toesien dat die produkte voldoen aan die beskrywing daarvan, soos van regsweë vereis.

            

16.2     Die gebruik van enige handelsmerke waaronder die produkte voorsien word, is onderhewig daaraan dat die produkte herverkoop word in die verkoper se oorspronklike verpakking.

16.3     Nieteenstaande enige bepaling wat in stryd mag wees met hierdie klousule 16.3, kom die partye uitdruklik ooreen dat in gevalle waar die verkoper as tussenganger of handelsagent optree of slegs die koopprys van die produkte finansier, sal die verkoper nie aanspreeklik wees vir enige eise, van welke aard ookal, wat die koper en/of enige derde party teen die verkoper mag hê vir enige skuldoorsaak, van welke aard ook al nie, nie beperk nie tot maar insluitend eise wat verband hou met die korrektheid, kwaliteit, doeltreffenheid, enige gebreke, enige tekortkominge in en tot die betrokke produkte aldus gelewer en vrywaar die koper die verkoper teen enige aanspreeklikheid en/of eise, van welke aard ook al, voortspruitend uit enige sodanige transaksies.  Die bepalings van sodanige transaksies word in ‘n addisionele ooreenkoms tussen die koper en die betrokke verskaffer vervat en die verkoper betaal die bedrae op die betrokke fakture vervat aan die betrokke verskaffer tot krediet van die koper en debiteer die koper se rekening dienooreenkomstig.  Enige dispute en/of eise wat mag ontstaan uit sodanige transaksies, sal tussen die koper en die betrokke verskaffer besleg word en die verkoper sal nie ‘n party daartoe wees nie.  Alle bedrae wat egter aan die verkoper betaalbaar mag wees, sal steeds betaalbaar wees nieteenstaande die uitkoms van die dispuut tussen die koper en die betrokke verskaffer.

 

 

  1. EIENDOMSREG EN RISIKO:

17.1     Eiendomsreg van die produkte sal slegs teen betaling van die volle koopprys na die koper oorgaan.  Indien die koper sou versuim om tydig te betaal, sal die verkoper met nakoming van ʼn behoorlike regsproses, geregtig wees op die teruglewering van die produkte.

17.2     Risiko ten opsigte van verlies of skade aan die produkte gaan op die koper oor by lewering.  Die koper sal alle redelike voorsorg tref ten einde die veilige bewaring, stoor en hantering van die produkte te verseker.

 

  1. KONTRAKBREUK:

18.1     Die verkoper is geregtig om hierdie ooreenkoms summier te kanselleer indien enige vonnis teen die koper toegestaan word of indien die koper enige statutêre daad van insolvensie pleeg.

18.2     Indien die koper in versuim is om enige van die terme en voorwaardes hiervan en/of andersins ooreengekom deur die partye stiptelik na te kom, sal die verkoper geregtig wees om onmiddellik betaling en/of prestasie deur die koper van al die koper se verpligtinge te eis, ongeag of sodanige betaling en/of prestasie reeds verskuldig is, en in elk geval sonder benadeling van die verkoper se reg om die ooreenkoms te beëindig en skade te eis.  Voorgaande is sonder benadeling van sodanige ander regte soos wat die verkoper regtens mag hê en onderhewig aan artikels 129 en 130 van die NKW, indien die NKW van toepassing sou wees.

18.3     Die koper stem toe tot die jurisdiksie van die Landdroshof of Streekhof ten opsigte van enige regsproses voortspruitend uit hierdie ooreenkoms.  Die verkoper sal egter geregtig wees om enige dispuut wat ontstaan uit hierdie ooreenkoms te verwys na ʼn Suid-Afrikaanse Hoë Hof met jurisdiksie.

 

  1. KENNISGEWINGS EN DOMICILIA:
  • Die partye kies as hulle domicilium citandi et executandi hulle onderskeie adresse soos uiteengesit in hierdie klousule vir alle doeleindes voortspruitend uit of in verband met hierdie ooreenkoms, by welke adresse alle prosesse en kennisgewings voortspruitend uit of in verband met hierdie ooreenkoms, die verbreking of beëindiging daarvan, regsgeldiglik op die partye beteken en aan hulle afgelewer mag word.
  • Vir doeleindes van hierdie ooreenkoms sal die verkoper se adres President CR Swartstraat 31, Reitz wees en die koper se adres sal die fisiese adres soos voltooi in die Kredietaansoek wees, en indien sodanige Kredietaansoek nie voltooi en deur die koper onderteken is nie sal die koper se adres die adres soos aangedui op die betrokke bestelling en/of faktuur en/of afleweringsbewys wees.

 

  1. SUID-AFRIKAANSE REG:

Die Suid-Afrikaanse Reg sal van toepassing wees op hierdie ooreenkoms en alle daaropvolgende transaksies.

 

  1. FORCE MAJEURE:
  • Die verkoper sal nie teenoor die koper aanspreeklik wees vir enige verlies, skade of besering nie indien die verkoper versuim om enige verpligting in terme van hierdie standaard verkoopsvoorwaardes na te kom en daardie versuim veroorsaak is deur enige gebeurlikheid hoegenaamd buite die beheer van die verkoper, insluitend maar nie beperk nie tot arbeidsregtelike optrede, ongeluk, kragonderbreking, defektiewe masjinerie of fabriek, bevel deur enige regeringsliggaam, en behoudens klousule 21.2 hieronder, ʼn tekort aan grondstowwe welke benodig word vir of in verband met die vervaardiging van die produkte. Die verkoper sal op die vroegste moontlike geleentheid skriftelike kennis gee van sodanige gebeurtenis.
  • Indien die verkoper as gevolg van enige gebeurtenis soos bedoel in klousule 21.1 hierbo, verhoed of vertraag word om die produkte op die ooreengekome tydstip aan die koper te lewer, mag die verkoper, nadat hy so spoedig doenlik aan die koper skriftelik kennis daarvan gegee het, lewerings weerhou, uitstel of verminder tot die mate wat die verkoper goedvind.

 

  1. OPSKRIFTE VAN KLOUSULES:

Die opskrifte van klousules in hierdie standaard verkoopvoorwaardes is slegs vir verwysingsdoeleindes ingevoeg en sal nie by die uitleg daarvan gebruik word nie.

 

  1. SESSIE VAN BOEKSKULDE EN EISE AS SEKURITEIT:

Die koper sedeer hiermee alle boekskulde en/of ander eise aan hom/haar/dit verskuldig en/of wat in die toekoms verskuldig mag word, aan die verkoper as sekuriteit vir die behoorlike nakoming van die koper se verpligtinge teenoor die verkoper, voortspruitend uit welke skuldoorsaak ook al en vir welke bedrag wat nou reeds opeisbaar en verskuldig is of wat in die toekoms opeisbaar en betaalbaar mag wees.  Hierdie sessie is nie beperk nie tot, maar sluit enige bedrag in wat aan die koper verskuldig mag raak uit die verkoop van enige landbou produkte.

 

  1. ALGEMENE KLOUSULES:

24.1     Dit word op rekord geplaas dat bestellings aanvaar en die produkte gelewer sal word onderhewig aan  die terme en voorwaardes hierin vervat.

24.2     Hierdie ooreenkoms bevat die gehele ooreenkoms tussen die partye.  Geen  afwyking, wysiging, byvoeging of konsensuele kansellasie van hierdie ooreenkoms of enige voorwaarde of term hiervan of enige ander dokument uitgereik of uitgevoer uit hoofde van of ingevolge hierdie ooreenkoms, sal bindend wees of enige regskrag of regseffek hê, tensy op skrif gestel en onderteken deur of namens die partye.

24.3     Geen verslapping of tegemoetkoming, insluitend die aanvaarding van laat betalings deur die verkoper, sal geag word ʼn afstanddoening te wees deur die verkoper van enige van hulle regte om stiptelike nakoming deur die koper van enige van sy/haar verpligtinge in terme hiervan af te dwing, en sodanige verslapping of tegemoetkoming sal nie geag word ʼn novasie van enige van die terme en voorwaardes van hierdie ooreenkoms te wees nie.

24.4     Geen verteenwoordiger, agent of verkoopsman van die verkoper beskik oor enige volmag om enige term of voorwaarde hiervan te wysig of om enige voorstelling namens die verkoper te maak nie.  Geen beweerde wysiging van enige term of voorwaarde hiervan sal enige regskrag hê nie,  tensy sodanige wysiging op skrif gestel en onderteken is deur ʼn gevolmagtigde verteenwoordiger van die verkoper.

24.5     Indien enige klousule of term van hierdie ooreenkoms om enige rede hoegenaamd ongeldig, onafdwingbaar, gebrekkig of onwettig sou wees, sal die oorblywende terme en voorwaardes van hierdie ooreenkoms geag word deelbaar te wees en sal voortgaan om regskrag en regseffek te hê.

24.6     Die koper mag nie enige van sy regte of verpligtinge ingevolge hiervan sedeer of oordra sonder die voorafverkreë skriftelike toestemming van die verkoper nie.

24.7     Geen verwysing na die NKW en/of die VBW sal uit hoofde van sodanige verwysing en/of konsensus en/of inkorporasie, sodanige wetgewing op hierdie ooreenkoms en/of die koper van toepassing maak, indien sodanige wetgewing nie andersins deur regswerking aldus van toepassing is nie.

 

KLOUSULES VAN TOEPASSING INDIEN DIE KOPER NIE AAN DIE VBW ONDERHEWIG IS NIE

 

  1. WAARBORGE EN TERUGGAWE:

25.1     Tensy die teendeel in ʼn skriftelike waarborg van die verkoper gestel word, sal die verkoop van die produkte geskied vry van alle voorwaardes en waarborge, hetsy statutêr, gemeenregtelik of andersins, ten opsigte van die gehalte, geskiktheid vir enige doel en/of bemarkbaarheid daarvan.

25.2     Enige aanbeveling of advies verskaf deur of namens die verkoper word in goeder trou verskaf, maar doen die verkoper nie daardeur enige aanspreeklikheid op nie.  Die gebruik of aanwending van die produkte is geheel en al die verantwoordelikheid van die koper en sal die koper nie op enige mededeling van die verkoper ten opsigte van sodanige gebruik of aanwending kan staatmaak nie.

25.3     Die verkoper sal nie aanspreeklik wees vir enige spesiale en/of gevolgskade gely deur die koper nie.  Die verkoper se aanspreeklikheid sal in elke en alle gevalle waar die verkoper aanspreeklik mag wees, beperk wees tot vervanging van die defektiewe produkte of terugbetaling van die koopprys.

25.4     Dit word op rekord geplaas dat sodra die produkte verkoop en gelewer is soos per bestelling en/of faktuur, sodanige produkte nie teruggeneem sal word nie tensy die verkoper skriftelik daartoe toestem.

 

  1. INDIEN VAN EISE:
  • Die koper sal geregtig wees om die produkte onmiddellik by ontvangs daarvan te inspekteer en sal binne 3 (DRIE) dae vanaf die datum van lewering daarvan die verkoper skriftelik inlig van enige tekorte, foutiewe produkte of defekte in die produkte.
  • Indien die koper sou versuim om die kennisgewing na verwys in klousule 26.1 hierbo te gee, sal die hoeveelheid en gehalte van die gelewerde produkte prima facie geag word gelewer te wees vry van defekte, ooreenkomstig hierdie standaard verkoopsvoorwaardes.
  • Indien die koper aan die verkoper kennis gee ooreenkomstig klousule 26.1 hierbo en indien die verkoper tevrede is dat die produkte defektief is, dan sal die verkoper sodanige gedeelte van die produkte vervang met dieselfde hoeveelheid produkte van dieselfde gehalte soos aanvanklik ooreengekom.

 

  1. LEWERING:
  • Die verkoper waarborg nie lewering op ʼn spesifieke datum nie, maar sal poog om lewering te bewerkstellig so na as moontlik aan die datum aangedui op die bestelling en/of aanvaarding daarvan. Die koper sal nie geregtig wees om die koop te repudieer of terug te trek op grond van laat- of nie-lewering, of om die verkoper in mora te plaas met betrekking tot lewering van die produkte nie en sal die verkoper nie aanspreeklik wees vir skade gely deur die koper in die geval van laat lewering deur die verkoper.
  • Die produkte gereflekteer op ʼn afleweringsnota sal geag word ʼn ooreengekome wysiging van die bestelling te wees, in die mate wat dit van die betrokke bestelling verskil, tensy die koper sodanige produkte binne 5 (VYF) dae vanaf ontvangs daarvan skriftelik weier.

 

  1. AANSPREEKLIKHEID EN AFSTANDDOENING:

28.1     Die koper doen afstand van enige eis vir verlies, skade of aanspreeklikheid wat hy/sy/dit mag hê teen die verkoper voortspruitend uit, maar nie daartoe beperk nie, eise gebaseer daarop dat die produkte nie geskik is vir die koper se doeleindes nie.

28.2     Onderhewig aan die inhoud van klousule 28.1 hierbo sal die verkoper nie aanspreeklik wees vir enige kontraktuele, deliktuele en/of gevolgskade nie, insluitend maar nie daartoe beperk nie, verlies aan wins, verlies aan produksie en verlies aan markaandeel voortspruitend uit enige beweerde gebrek en/of ongeskiktheid van die produkte en/of enige laat lewering daarvan.  Die verkoper se aanspreeklikheid sal onder alle omstandighede en ongeag die wyse waarop dit ontstaan, in die verkoper se uitsluitlike diskresie beperk wees tot die vervanging van die betrokke produkte teen geen koste vir die koper nie of terugbetaling van die koopprys betaal aan die koper.

28.3     Die koper vrywaar die verkoper verder teen:

28.3.1    Enige nalatige en/of opsetlike doen of late deur die koper of sy werknemers of kontrakteurs met betrekking tot die produkte of die gebruik van die produkte;

28.3.2    Enige verlies, skade (insluitend gevolgskade) of aanspreeklikheid veroorsaak deur of voortspruitend uit, sonder beperking, die gebruik, vervoer of stoor van die produkte na lewering daarvan aan die koper;

28.3.3    Enige verlies, skade (insluitend gevolgskade), dood van of besering aan derdes voortspruitend uit die koper se versuim om sodanige derdes van inligting te voorsien ten opsigte van, sonder beperking, inherente gevare, korrekte gebruik, stoor en wegmaak van die produkte en/of die koper se versuim om alle redelike en nodige stappe te neem om sodanige gebeure tydens die gebruik, stoor en wegmaak van die produkte deur die koper te verhoed; en

28.3.4    Enige verlies of skade (insluitend gevolgskade) veroorsaak deur of voortspruitend uit ʼn verbreking van enige waarborg.

 

  1. WAARBORG VAN KOPER TEN OPSIGTE VAN PRODUKTE:

Die koper waarborg dat hy/sy/dit bekend is met die gebruik, eienskappe en inherente gevare verbonde aan die produkte en waarborg voorts dat hy/sy/dit alle statutêre vereistes nagekom het en in besit is van die nodige permitte, magtigings en ander amptelike dokumente wat vereis word vir die hantering, aankoop, stoor, vervoer, behandeling, gebruik en/of wegmaak van die produkte (indien enige).

 

  1. VERSUIM OM REKENINGE TE BETWIS:

Indien die koper in versuim is om beswaar te maak teen enige inskrywing op ʼn maandstaat binne 90 (NEGENTIG) dae vanaf die datum daarvan, sal die inskrywings daarop as korrek aanvaar word en sal dit afdoende bewys daarstel van die korrektheid van sodanige inskrywings.

 

  1. REGSKOSTE:

Indien die verkoper regsaksie teen die koper instel voortspruitend uit enige verkoopooreenkoms, sal die koper aanspreeklik wees vir die betaling van die verkoper se regskoste op ʼn prokureur-en-eie-kliënt skaal.

 

KLOUSULES VAN TOEPASSING INDIEN DIE VBW OP DIE KOPER VAN TOEPASSING IS

 

  1. LEWERING:

32.1     Die verkoper sal nie aanspreeklik wees vir enige skade gely deur die koper as gevolg van die laat lewering van enige produkte nie, behalwe in die mate wat die verkoper aanspreeklik mag wees vir verliese as gevolg van die bepalings van Artikel 47 van die VBW, in die geval van enige tekorte van die produkte.

32.2     Indien enige produkte verkeerdelik afgelewer word, sal die koper binne 10 (TIEN) besigheidsdae na lewering, die verkoper aldus inlig, in welke geval die verkoper binne 20 (TWINTIG) besigheidsdae die foutiewe lewering mag terugneem.

 

  1. GEHALTE:

In die geval van enige bewering dat die produkte onveilig of defektief is, sal die verkoper nie aanspreeklik wees vir enige skade veroorsaak nie waar sodanige eienskap, versuim, defek of gevaar nie ten tye van lewering van die produkte deur die verkoper aan die koper bestaan het nie.

 

  1. VRYWARING:

Die partye plaas op rekord dat inaggenome die doel van die produkte aldus aangekoop, die gevolgskade in die geval van enige verbreking deur die verkoper, astronomies mag wees.  Indien die verkoper aanspreeklikheid sou aanvaar vir sodanige gevolgskade, sal dit ʼn wesenlike impak hê op die koste van die produkte vir die koper.  Die koper verkies derhalwe om die aanspreeklikheid van die verkoper ten opsigte van alle verbrekings, te beperk tot die kostelose vervanging van die produkte, of terugbetaling van die koopprys betaal deur die koper (ter keuse van die koper).

 

  1. BEPERKING VAN DIE VERKOPER SE AANSPREEKLIKHEID:

35.1     Die verkoper sal toesien dat die gelewerde produk ooreenstem met die etiketbeskrywing soos statutêr voorgeskryf.

35.2     Die koper onderneem om homself binne 5 (VYF) dae na lewering te vergewis van al die relevante eienskappe van die produkte, soos beskryf in die verkoper en/of die betrokke verskaffer se katalogus, beskikbaar van die verkoper se agent en/of die verkoper of die betrokke verskaffer se webwerf, en welke beskrywing geag sal word as voldoende openbaarmaking van alle patente en latente eienskappe van die produkte en die verkoper tender aanvullend om enige navrae in hierdie verband gerig, aan te spreek.

35.3     Die produkte sal voldoen aan alle statutêre gehalte vereistes, spesifiek van toepassing op die produkte.

35.4     Die verkoper sal derhalwe nie aanspreeklik wees vir enige nienakoming ten opsigte van die aspekte uiteengesit in klousule 35.2 nie.

 

  1. TEKORTE:

In die geval van enige tekorte van die produkte:

36.1     Sal die verkoper alle redelike stappe doen ten einde die koper so spoedig as wat prakties moontlik is, daarvan in kennis te stel;

36.2     Sal die verkoper ander produkte aan die koper aanbied teen die verkoper se heersende lysprys; en

36.3     Sal die koper nie onder enige omstandighede enige eis teen die verkoper voortspruitend uit tekorte van die produkte hê nie, indien sodanige tekorte buite die verkoper se beheer is.

 

  1. Aanvullend hiertoe bly die toekomstige aanbod en beskikbaarheid van produkte dinamies, onvoorspelbaar en buite die beheer van die verkoper. Die verkoper sal derhalwe nie aanspreeklik wees vir enige vroeë, laat, kort of onvoldoende lewerings en/of onvermoë om te lewer.

 

  1. Die koper sal in die hantering van die produkte, homself vergewis van en voldoen aan alle statutêre voorskrifte.

 

  1. AFKOELPERIODE:

Indien enige transaksie die gevolg is van direkte bemarking deur die verkoper se agent en indien sodanige transaksie onderhewig is aan die VBW, sal die koper geregtig wees om die transaksie skriftelik te kanselleer binne 5 (VYF) besigheidsdae na sluit van die transaksie of 5 (VYF) besigheidsdae na die lewering van die produk.  Die koper sal enige produk gelewer, op eie koste en risiko teruglewer.  Die koper sal enige betaling deur die koper gemaak terugbetaal binne 15 (VYFTIEN) besigheidsdae na sodanige teruglewering of indien geen produk afgelewer is, 15 (VYFTIEN) besigheidsdae na ontvangs van die kennisgewing van kansellasie.

 

  1. REGSKOSTE:

Indien enige party regskoste aangaan ten einde die ooreenkoms af te dwing, sal die onsuksesvolle party die regskoste van die suksesvolle party betaal op ʼn prokureur-en-kliëntskaal.

 

  1. GEWONE TAAL:

Die koper bevestig dat hierdie ooreenkoms in gewone taal en verstaanbaar is, alternatiewelik bevestig dat hy/sy/dit (die koper) bewus is van die reg en geleentheid om enige klousule deur die verkoper te laat verduidelik.

 

TOEPASSING VAN TERME EN VOORWAARDES

 

  1. VERKOOPOOREENKOMS VAN TOEPASSING OP ALLE TRANSAKSIES:

42.1     Die koper bevestig hiermee dat hy/sy/dit kennis dra van die bogenoemde terme en voorwaardes, dat hy/sy/dit gemagtig is om hierdie ooreenkoms te onderteken en dat hy/sy/dit voldoende geleentheid gehad het om die terme en voorwaardes te bestudeer en oorweeg voor ondertekening van die ooreenkoms.  Deur ondertekening van die ooreenkoms word bevestig en ooreengekom dat hy/sy/dit die terme en voorwaardes van hierdie ooreenkoms gelees het, dit verstaan en aanvaar, en welke terme en voorwaardes van toepassing sal wees op alle bestellings en aankope op die koper se rekening of andersins.

42.2     Die partye kom ooreen dat vir ʼn onbepaalde tydperk enige latere transaksies tussen hulle aangegaan, deur hierdie terme en voorwaardes beheers sal word en welke by elke sodanige transaksie geïnkorporeer sal word deur verwysing.

 

  1. BINDENDE OOREENKOMS:

Die verkoper bied aan om met die koper te kontrakteer op die terme en voorwaardes vervat in hierdie ooreenkoms.  Die koper aanvaar sodanige terme en voorwaardes ten opsigte van elle verkope en ʼn geldige en bindende ooreenkoms sal dan tot stand kom.

 

  1. INKORPORASIE DEUR VERWYSING:

Dit word uitdruklik ooreengekom dat die terme en voorwaardes hierin uiteengesit geïnkorporeer word in enige verkope gemaak deur die verkoper aan die koper.

 

  1. BEPERKING VAN RISIKO’S:

Die koper bevestig dat hierdie ooreenkoms die aanspreeklikheid van die koper beperk, risiko en aanspreeklikheid aan die koper oordra en vrywarings en feitelike erkennings deur die koper bevat, welke as sulks aanvaar word.