Algemene Handel

VKB Landbou se Handelsafdeling bestaan uit ’n netwerk van 52 bedryfspunte. Produkte wat aangebied word, sluit in brandstof, kunsmis, chemikalieë, saad, veemedisyne, veevoer, besproeiing, staal, omheining, boumateriaal, verpakkingsmateriaal en algemene hardeware.
Die uiters positiewe resultate van verskeie projekte waarin die afgelope aantal jare belê is, werp nou vrugte af en het ’n wesenlike effek op die groei in omset sowel as netto wins.
Die opgradering van een van die Groep se vlagskiptakke, Polokwane-handelstak, is afgehandel en neem die eenstopkoopervaring en aanbieding aan die boer sowel as die breë publiek na ’n nuwe vlak.
Die standaardisering en aanbieding van volledige produkreekse binne VKB se Handelsafdeling is steeds ’n groot prioriteit. Twee verspreidingsentrums is op onderskeidelik Bethlehem en Mokopane gevestig met die doel om die beskikbaarheid van produkte in die handelstakke te verbeter.
Die Sasol-vulstasie op Frankfort is opgegradeer, asook die handelstak op Bethlehem, wat dit nou een van die vlagskiptakke in die VKB Groep maak.
As deel van die strategie om VKB Landbou se voetspoor uit te brei na die oostelike gedeelte van Suid-Afrika, is nuwe handelstakke op Mbombela en Newcastle geopen.

Daar is ’n groot verskeidenheid produkte beskikbaar by die verskeie handelstakke, naamlik:

  • Besproeiing
  • Meganisasie
  • Boumateriaal
  • Omheining
  • Brandstof
  • Onderdele
  • Buitelewe-produkte
  • Plaagbeheer
  • Hardeware
  • Saad
  • Huishoudelike produkte
  • Tuinbouprodukte
  • Kampeertoerusting
  • Veeprodukte
  • Kruideniersware
  • Veevoer en wildsprodukte
  • Kunsmis
  • Verpakkingsmateriaal