VKB Fuels (Pty) Ltd

Die eerste VKB Fuels-vulstasie is op 24 Junie 2016 in Reitz geopen. VKB Fuels in Frankfort het op 10 Mei 2018 sy deure amptelik geopen en ook Pienaarsrivier, Polokwane en Mbombela het sedertdien gevolg.

Die uitbreiding van VKB se brandstofaanbieding is ’n fokusarea vir die besigheid. Benewens die opgradering van bestaande geriewe, behartig die maatskappy ook die aflewering van brandstof op produsente se plase. Deur die optimale bestuur van hierdie voorsieningsketting sal VKB beter uitvoering gee aan sy strategie om produsente te ondersteun om meer doeltreffend en winsgewend te boer.

Vir die publiek se gerief doen hierdie vulstasies 24 uur per dag sake. Die aanbieding aan kliënte sluit ook geriefswinkels in, genaamd VKB Express. Hier kan kliënte toegang verkry tot ’n uitgebreide reeks produkte. Buiten algemene kruideniersware en lekkernye is daar ook ’n uitgesoekte reeks bevrore produkte, wegneemetes en koffie beskikbaar. Skoon en netjiese kleedkamers by VKB Express vorm deel van die eenstopdiens aan kliënte.

VKB Fuels (Edms.) Bpk.
Hoofkantoor: 31 President CR Swart Str., Reitz, 9810
087 358 8603

Reitz
cnr. Sarel Cilliers & Voortrekker Str., Reitz, 9810
087 358 8610

Frankfort
99 JJ Hadebe Str., Frankfort, 9830
058 863 8344

Nelspruit
Address: cnr. Old Pretoria & Samora Machel Drive, Nelspruit, 1201
087 358 8490

Modimolle
Address: 90 Nelson Mandela Drive, Modimolle, 0510
014 717 1865

Polokwane
Address: 27 Industria Str., Polokwane, 0070
015 297 3671

Pienaarsrivier
Address: R101 Old Warmbath Road, Pienaarsrivier, 0420
012 722 0020