images/Article_images/agri_processors_large.jpg#joomlaImage://local-images/Article_images/agri_processors_large.jpg?width=1380&height=322

VKB Agri Processors

Met verloop van tyd is die besigheidsmodel uitgebrei om verder in die waardeketting te integreer deur nywerhede as deel van die groepstrategie te inkorporeer en, waar sinvol, daarin te belê. Die fokus van hierdie strategie is om waarde toe te voeg tot die produkte wat in VKB se bedieningsgebied geproduseer word, met die doel om die produk deur die mees effektiewe markkanale na die verbruiker te neem en die verbruiker se vertroue te wen en te groei deur kwaliteit en gevestigde, betroubare handelsmerke. Die nywerhede in VKB Agri Processors sluit in ’n hoenderabattoir, veevoeraanlegte, witmieliemeulens, ’n sojaboonpersaanleg, ’n koringmeule en bakkerye. VKB Beleggings het gedurende Augustus 2019 ’n 21%-belang in BKB Beperk bekom.

Maatskappye

Grain Field Chickens

Free State Oil

VKB Milling

QPro Feeds