VKB Landbou
As eertydse Landboukoöperasie is aan die basiese behoeftes vir landbou-insette, meganisasie, graanhantering en -bemarking, finansiering en versekering voldoen. Die oorhoofse strategie van VKB is steeds om produsente te ondersteun om meer effektief en winsgewend te produseer deur produsente se insetkoste te verminder en die waarde van hul produkte te optimaliseer. Besigheid binne VKB word regdeur die Oos-Vrystaat en Limpopo sowel as gedeeltes van Mpumalanga, Gauteng en KwaZulu-Natal gedoen. Die filiale van VKB Landbou vervaardig en voorsien verpakkingsmateriaal, laboratoriumtoerusting, kunsmis en brandstof, en lewer dienste ten opsigte van versekering, en ’n verkoelingsfasiliteit vir aartappelsaad.