Multi Green (Edms.) Bpk.

As deel van sy strategie om direkte insette aan produsente te verskaf, het VKB Landbou gedurende 2019 ’n 53%-belang bekom in Multi Green (Edms.) Bpk. (Multi Green), ’n kunsmismengaanleg in Villiers.

Multi Green spesialiseer sedert 2005 in die presisievermenging en verspreiding van vloeibare sowel as korrelkunsmis. Die maatskappy is goed gevestig en bekend in die boeregemeenskap en die kunsmissektor.

’n Effektiewe agentenetwerk verseker die verskaffing van kunsmis aan kliënte in ’n 600 km-radius vanaf die fabriek, sowel as in Zambië.

Die korrelproduk word geprosesseer en afgelewer in 50 kg-, 500 kg- en 1 ton-sakke, sowel as in massa.

Die maatskappy besit twee weegbrûe om inkomende en uitgaande vragte te beheer.
Multi Green bied voorts ’n grondmonster-ontledingsdiens aan kliënte, wat die maatskappy in staat stel om presisieaanbevelings aan sy kliënte te maak ten einde te verseker dat aan spesifieke grond- en opbrengsvereistes voldoen word.

Tel: 058 821 1087