Free State Oil (Edms.) Bpk. (FSO)

Die toename in sojaboon-beskikbaarheid in Suid-Afrika het vir die sojaboonverwerkingsbedryf ’n geleentheid geskep om uit te brei na die marksegment wat bedien word deur ingevoerde sojaboonoliekoek en -olie. As deel van hierdie ontwikkeling is FSO in 2011 teen ’n koste van R80 miljoen gevestig.

FSO is ’n sojaboonverwerkingsaanleg in Villiers in die Vrystaat wat in September 2012 met produksie begin het. Sedertdien het FSO gefokus op die produksie van sojaboonoliekoek en -olie van hoë gehalte. Die fasiliteit het tans ’n kapasiteit van 150 000 ton sojabone per jaar, wat aan sojaboonprodusente in die gebied ’n waardevolle afsetpunt bied.

FSO lewer sy produkte aan verskeie marksegmente, soos tuisvermengers en veevoerprodusente, wat die veevoermaatskappye wat deel vorm van die VKB Groep, insluit. Dit maak FSO ’n integrale deel van die waardeketting wat uiteindelik hoendervleis op die verbruiker se tafel plaas.

Die vestiging van FSO spoor boere aan om hul gewasrotasiepraktyke verder te ontwikkel deur die vraag na plaaslike sojabone te verhoog. As ’n sleutelrolspeler in die landbouwaardeketting dra FSO met trots by tot die VKB Groep se toewyding tot landelike ontwikkeling.

 Tel: 087 358 8800