Landboubestuursdienste

Die afdeling Landboubestuursdienste lewer die volgende dienste:

  • Landbou-ekonomiese beplanning (oorlewingstudies);
  • Ekonomiese- en lewensvatbaarheidsontledings;
  • Verskaffing van landbou-ekonomiese besluitnemingsnorme, modelle en inligting (inset- en meganisasiekostebegrotings);
  • Produksie- en bestuursdoeltreffendheidsontledings (Buro-onttrekkings);
  • Die aanbieding van lesings rakende landbou-ekonomiese aspekte.

Naam

Tel.

Epos Adres

Jaco Heckroodt
Bestuurder: Landboubestuursdienste (Reitz, Petrus Steyn en Bethlehem)

082 423 5804

Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Conrad Badenhorst
Landbou Ekonoom

078 085 4426

Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

 

Landboukundige dienste

Die Landboukundige Dienste-afdeling lewer die volgende volkome onafhanklike dienste:

  • Landboukundige beplanning;
  • Die verskaffing van landboukundige besluitneming, norme en inligting;
  • Die uitvoering van gewasproewe wat statisties verantwoordbaar is;
  • Die wetenskaplike bepaling van gronddigtheid om grondverdigtingslae uit te wys en oplossings voor te stel;
  • Die aanbieding van lesings rakende relevante landboukundige aspekte.

Naam

Tel.

Epos Adres

JT Prinsloo
Landboukundige (Reitz)

083 448 8288

Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Retief Senekal
Landboukundige (Reitz)

074 468 8608

Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Bongani Nkutha
Landboukundige (Reitz)

073 002 4647

Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

 

VKB-bestuursburo

Die bestuursburo van VKB lewer die volgende volgende belangrike dienste:

  • Verskaffing van ’n volledige BTW- en belastingvoorbereidingsdiens;
  • Advies en ondersteuning deur die ontleding en interpretasie van tegniese en finansiële data oor tyd (begroting-afwykingsverslae wat besluitneming oor die korttermyn ondersteun);
  • Verskaffing van en opleiding in die gebruik van landbougerigte sagteware-programme.

Naam

Tel.

Epos Adres

Salome Davel

(Reitz)

072 467 7225

Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Ann Basson

(Vrede)

087 358 8825

083 659 4669

Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

 

Landbou-sagteware (Landbou-apparatuur)

Dié afdeling tree op as handelaar vir landboukundige sagteware (apparatuur) om bestuursinligting te genereer. Die produkreeks van die sagtewarehuise Software Farm en AfriKlok word verkoop, geïnstalleer en onderhou. Opleiding word ook verskaf.
Die produkreeks wat bemark word, sluit die volgende in:

  • Simfini: Hierdie omvattende finansiële rekordhoudingsprogram stel die gebruiker in staat om finansiële transaksies te boekstaaf. Dit het die voordeel dat bestuursinligting, sowel as inligting oor BTW en inkomstebelasting bygehou kan word. Begrotings kan ook deur middel van die program opgestel word. Transaksies wat kliente by VKB, SENWES, GWK, NWK, AFGRI en OVK aangaan, word elektronies op Simfini afgelaai. Finansiële, bestuurs- en belastingverslae is ook op dié stelsel beskikbaar.
  • Akkoord: Akkoord is ’n arbeidsbestuursprogram wat die gebruiker in staat stel om alle arbeidsaangeleenthede soos vergoeding, verlof, dissiplinêre verhore en kontrakte elektronies aan te teken. Loonstate en WVF-verslae is van die belangrikste verslae wat beskikbaar is.