Graan Silo's

Die voorste landboumaatskappy VKB se Graandienste beskik oor 13 graansilo's in die Noordoos-Vrystaat en agt graansilo’s in die Limpopo-streek. Hierdie graansilo's het 'n totale kapasiteit van 1,1 miljoen ton en is toegerus met fasiliteite en toerusting om graan teen hoë tempo te ontvang,  effektief op te berg en uit te laai.  As addisionele diens aan ons produsente beskik ons oor droog- en skoonmaakgeriewe om nat en besmette graan te ontvang en gereed te kry vir die nasionale en internasionale markbehoeftes.  Mielies, koring, sojabone, sonneblom en graansorghum word hoofsaaklik ontvang en beskikbaar gehou vir ons kliënte. 

VKB se silo's voldoen aan die Wet op Voedselveiligheid en is geakkrediteer om graan vir uitvoer te versend. Personeel wat by die silo's werksaam is, is kragtens Wet 36 van 1947, as plaagbeheerbeamptes geregistreer en die silokomplekse beskik oor toerusting wat plaagbeheer doeltreffend maak sonder om die gehalte van die produkte negatief te beïnvloed.

Ons is vandag trots om te kan sê dat ons fasiliteite en toegewyde personeel in die Vrystaat- en Limpopo-streke ons die leier in die hantering en opberging van graan in Suid-Afrika maak.

 

Dokumente

 

Infrastruktuur

Vrystaat

Dorp Kontak nr GPS  VBO
Ascent 058 913 1375 27°13'32.5"S 29°04'17.2"E B0717
Cornelia 058 841 0851 27°14'37.7"S 28°50'23.3"E B0729
Daniëlsrus 087 358 8770 28°00'59.9"S 28°23'07.4"E B0728
Frankfort 058 813 1960 27°16'52.1"S 28°30'26.0"E B0727
Jim Fouché 087 940 5024 27°00'23.5"S 28°22'04.5"E B0726
Memel 067 296 6217 27°41'01.6"S 29°34'14.8"E B0725
Petrus Steyn 087 358 8650 27°38'40.5"S 28°07'06.7"E B0724
Reitz 058 863 8367 27°47'45.3"S 28°26'37.0"E B0723
Tweeling 058 881 0318 27°33'14.2"S 28°30'45.6"E B0722
Villiers 087 940 5021 27°02'02.8"S 28°36'59.0"E B0721
Vrede 087 940 5026 27°26'08.6"S 29°08'48.3"E B0720
Warden 087 358 8950 27°52'05.1"S 28°58'30.8"E B0719
Windfield 087 940 5019 27°09'31.6"S 28°34'32.3"E B0718
Wilgespruit 081 440 5160 27°56'47.3"S 28°44'20.0"E B2090 

 

Limpopo

Dorp Kontak nr GPS  VBO
Lehau 014 719 9019 25°03'34.0"S 28°27'56.3"E D12143
Naboomspruit 014 743 0361 24°31'17.9"S 28°42'59.4"E D8720
Nutfield 014 719 9133 24°53'06.8"S 28°53'22.0"E D14494
Nylstroom 014 719 9195 24°42'55.0"S 28°25'27.9"E D8575
Roedtan 015 667 0059 24°35'54.7"S 29°04'39.6"E B8706
Settlers 014 719 9125 24°57'23.1"S 28°32'31.3"E D8706
Warmbad 014 736 3008 24°53'06.9"S 28°18'12.6"E D12144

 

Johan van Rensburg
Bestuurder: Graandienste

058 863 8882

082 874 0188

[email protected]

Administrasie

058 863 8274
058 863 8281