VKB Foods  (Edms.) Bpk.

Wat die VKB Foods-konsep so besonders maak, is dat meeste van die produkte wat saam met ander vooraanstaande handelsmerkprodukte aan die publiek verkoop word, deur die VKB Groep vervaardig word. VKB Foods is deel van die waardeketting wat verseker dat VKB konstant uitstekende gehalte teen ’n mededingende prys lewer. Van die handelsmerke binne die VKB Groep is Grain Field Chickens, Magnifisan en Super-Sure. Die Magnifisan-produk Super Maize Meal, saam met ander produkte onder hierdie handelsmerk, word deur VKB Milling vervaardig. Die Super-Sure-produkte, waaronder brood, ’n fyngebakreeks en koekmeel, word deur VKB Flour Mills vervaardig. Die gehalte van die Super-Sure-reeks is uitsonderlik en kompeteer goed met die gehalte en gemiddelde prys van soortgelyke produkte op die mark.


Die heel eerste VKB Foods-winkel het op 21 Januarie 2016 in Sasolburg geopen, met die idee om ’n mededingende en goeie gehaltewinkel vir ons verbruikers te skep en ons visie te vervul om die mees kritieke dele van die waardeketting te besit. Kort na dié winkel se opening, is ’n winkel in Bethlehem op 26 November 2016 geopen. Drie jaar later is daar ’n aantal VKB Foods-winkels in die Limpopo-streek en beoog VKB om binnekort meer te open.

 

Bethlehem

Tel: 087 358 8071

Petrus Steyn

Tel: 058 871 3144

Warden

Tel: 087 358 8900

Memel

Tel: 058 924 0073

Vrede

Tel: 087 358 8810

Harrismith

Tel: 014 719 9001