Reitz Bande

Reitz Bande is ten volle toegerus wat kundigheid betref, met sewe gespesialiseerde bandjoggies en twee bemarkers. Die personeel ondergaan gereeld kursusse om hul kennis op te knap en is hoogs gespesialiseerd om met die toerusting te werk.

Die werkswinkel is ten volle toegerus met wielsporingmasjienerie en die gepaste toerusting om bande te herstel. ’n Spesiale diens wat Reitz Bande bied, is ’n uitroepdiens. Die uitroep-bakkie is enige tyd beskikbaar vir bystand.

ContiPartner het oorgeskakel na ’n franchise, naamlik Best Drive. Dit is steeds dieselfde gehalte produkte, maar bied nou meer voordele, beter pryse en meer promosies. Met die oorskakeling na Best Drive is die tak sowel as die toerusting opgegradeer.

Tel.: 058 863 8350