Bethal Koelkamers (Edms.) Bpk.

Die maatskappy, voorheen “NAK-koelstoor Gesamentlike Onderneming, is ’n verkoelingsfasiliteit vir aartappelsaad, geleë op Bethal in Mpumalanga en lewer al vir meer as 40 jaar ’n opbergingsdiens aan die aartappelbedryf.

VKB Landbou besit 100%-belang in Bethal Koelkamers (Edms.) Bpk.

Die koelkamers is onlangs opgegradeer deur die verbetering van die fasiliteite en die verhoging van die opbergkapasiteit met 24% tot ’n totaal van 140 400 sakkies aartappelsaad, oftewel 3 120 palette.

Die koelkamers lewer ’n gehaltediens aan produsente teen mededingende tariewe en dra by tot die verlaging van insetkoste vir produsente.

VKB se belegging in hierdie maatskappy is ook in oorstemming met die groep se strategie om te fokus op integrasiegeleenthede in die landbouwaardeketting en getrou te bly aan sy identiteit as produsentebesigheid.

Tel: 017 647 637