Landbou-Ontwikkeling

Oorsig

VKB streef daarna om ’n positiewe rol te speel in die transformasie van landbou in Suid-Afrika. Afgesien van interne vernuwing en verantwoordelike korporatiewe burgerskap, behels dit ook ’n gefokusde uitwaartse strategie om nuwelingboere te ontwikkel. Die oorkoepelende doelwitte hiervan is ekonomiese groei, sosio-ekonomiese ontwikkeling, werkskepping, voedselsekerheid en die bewaring van die natuurlike omgewing.
VKB het gespesialiseerde landbou-ontwikkelingsafdelings in die twee fokusgebiede van Limpopo en die Vrystaat tot stand gebring, met kantore in Reitz, Modimolle en Polokwane. Met landbou-ekonome, tegniese landboukundiges en mentors op plaasvlak as deel van die personeelkorps, is hierdie afdeling met die nodige ondervinding en kapasiteit toegerus om uitstaande ontwikkelingsuitkomste teweeg te bring.
VKB beskik oor inligting van 500 opkomende boere in sy databank, en is direk by die ontwikkeling van 130 opkomende boere met ’n gesamentlike gewasoppervlak van 6 000 hektaar betrokke. In die Vrystaat-gebied word grootliks op kommersiële gemengde boerderye gekonsentreer met graangewasse as die hoofvertakking (50 boere met gewasoppervlakte van gemiddeld 130 hektaar per boer), terwyl in Limpopo op kleinskaalboere met intensiewe gewasse onder besproeiing gefokus word (80 boere met gemiddelde gewasoppervlakte van 5 hektaar per boer). Die bydrae tot ontwikkelende boere oorskry jaarliks 3% van die netto wins ná belasting, wat VKB ’n Vlak 1-bydraer maak tot Swart Ekonomiese Bemagtiging ten opsigte van besigheidsontwikkeling.

Boerdery Ontwikkelingsmodel

 

Volhoubaarheid en benadering

Die strewe om volhoubare kommersiële nuwelingboere tot stand te bring, staan sentraal tot die VKB-ontwikkelingsinisiatief. Volhoubaarheid beteken dat boere se doelwitte ten opsigte van die ekonomiese, maatskaplike en natuurlike omgewings bereik moet word.
Ontwikkelingsisteme is enersyds ontwerp om aan boere ’n volhoubare besigheidsgeleentheid te bied, en andersyds om die regte ingesteldheid by boere te induseer. Die sukses hiervan kan onder meer gemeet word in die mate waartoe die volgende uitkomste bereik is:

  • ’n Toegewyde boer wat eienaarskap en volle verantwoordelikheid van die boerdery aanvaar;
  • Die voortbestaan van volhoubare produksie met voldoende voorsiening vir kapitaaluitbreiding en behoeftes van die plaashuishouding;
  • Die handhawing van etiese gedrag en produktiewe verhoudings met betrekking tot die gemeenskap en sakevennote; en
  • Geslaagde besigheidsopvolging (suksessie) om die boerdery aan toekomstige geslagte oor te dra.

VKB se benadering is dus om langtermynverhoudings met boere te vestig en betrokke te wees totdat die boer op sy eie voete kan staan. Die benadering is dus een van ’n meer in diepte fokus by minder boere, ten einde volhoubaarheid te bereik. Dit staan in teenstelling met ’n vat-en-los benadering of om voorligting oor ’n wye front te verskaf. Laasgenoemde funksie hoort eerder by regering- of kommoditeit-instellings.

Volledige ondersteuningspakket

VKB het die ontwikkelingsuitdaging aanvaar deur ’n volledige eind-tot-eind-ondersteuningsprogram vir opkomende boere oor die afgelope tien jaar te ontwikkel, met die oog op:

  • ’n Volledige ondersteuningspakket insluitend opleiding, voorligting, mentorskap, finansiering, insetverkryging en toegang tot markte;
  • Die koördinering van ontwikkeling tussen rolspelers en mobilisering van ontwikkelingsfondse en middele; en
  • Die verligting van strukturele beperkinge van boere ten opsigte van kennis, bestuurskapasiteit, kapitaalvorming, meganisasie, finansiering, markte, hulpbronstatus en ekonomie van skaal.

Finansiering

Finansiering van opkomende boere is uitdagend weens lae winsgewendheid en hoë risiko eie aan die Suid-Afrikaanse landbou, en dit word verder bemoeilik deur gebrek aan kollateraal. Dit beklemtoon die belangrikheid van tegniese en ekonomiese mentorskap om goeie boerderypraktyke te verseker ten einde finansiële risiko te verlaag. Daarbenewens verg dit ook spesiale finansieringsbeleidsmaatreëls, sowel as die toedeling van kredietbestuurders wat spesifiek fokus op die eiesoortige behoeftes en vereistes van ontwikkelende boere.

Opleiding

Agri-Seta geakkrediteerde opleiding:
Opleiding om opkomende boere toe te rus met kennis van moderne plaasbestuur bly ’n sterk dryfkrag agter VKB se ontwikkelingstrategie. Sedert 2008 het VKB 341 ontwikkelende boere ingeskryf in Agri-Seta-geakkrediteerde boerderybestuursprogramme.

Praktiese vaardighede op plaasvlak deur mentorskap

Praktiese vaardigheidsontwikkeling vind plaas deur middel van deurlopende voorligting en mentorskap, waartydens boere op plase besoek en bygestaan word. Sentraal tot suksesvolle mentorskap staan boere se doelwitte en persepsies, sowel as die opbou van wedersydse vertroue en onderrig in gesonde besigheidsgedrag. Dit is belangrik dat boere self met verteenwoordigers van agri-besighede skakel en besigheidskontakte opbou. Die fokus moet dus wees om boere te bemagtig en te motiveer, sonder om hul verantwoordelikhede oor te neem en “vir hulle te boer”. ’n Fyn balans moet hier getref word, en dit bly een van die groot ontwikkelingsuitdagings.

Finansiële bestuursvaardighede

Ekonomiese aspekte word dikwels afgeskeep in ondersteuning aan ontwikkelende boere. Finansiële bestuur, met inbegrip van rekordhouding, besigheidsbeplanning en begrotingskontrole, is egter ’n noodsaaklike bestuursfunksie en meer so by nuwe boere. Soos vele ander boere skram opkomende boere weg van administratiewe aspekte, en dit word verder benadeel as gevolg van lae geletterdheid. ’n Groot uitdaging lê daarin dat opkomende boere eienaarskap sal neem van besigheidsuitkomste met gepaardgaande risiko’s. Dit kan slegs gebeur as boere voldoende begrip ontwikkel deur fisiek betrokke te wees by die opstelling van besigheidsbeplanning en rekordhouding.

Strategiese vennootskappe en Gesamentlike Projekte

Die belangrikheid van strategiese vennootskappe en samewerking tussen rolspelers om uitdagings ten opsigte van ontwikkeling die hoof te bied word algemeen erken. Dit sluit samewerking tussen die privaat- en regeringsektore (sogenaamde “Public Private Partnerships”) sowel as kommersiële en ontwikkelende besighede in.

VKB is geposisioneer om in die toekoms ‘n groterwordende rol te vervul in vennootskapvorming tussen kommersiële en opkomende boere deur deelname aan die PALS (Partners in Agri land Solutions) inisiatief en vorming van ‘n plaaslike PALS-sentrum naamlik Maluti Farming PALS.

VKB verleen graag erkenning aan sy ontwikkelingsdeelgenote, wat verskeie nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsinstansies insluit, sowel as georganiseerde landbou, privaatsektor ontwikkelingsinstansies en verskaffers van landbou-insette. Verskeie gesamentlike projekte word in stand gehou met behulp van ontwikkelingstoelae afkomstig van hierdie deelgenote, wat meewerk om die hoë koste en risiko verbonde aan ontwikkeling te verlig. Tydens uitvoering van hierdie projekte vervul VKB ‘n sentrale rol ten opsigte van oorhoofse projekbestuur en administrasie, sowel as implementering op grondvlak

Vrystaat

Naam

Tel.

Epos Adres

Piet Potgieter

Bestuurder: Landbou-ontwikkeling

087 358 8834

Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Thinus Grobler

Assistent-Bestuurder – Landbou Ontwikkeling

087 358 8601

[email protected]

Albert Kriek

Snr. Landboukundige

087 358 8348

Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Kamohelo Mofokeng
Jnr. Landbou-ekonoom

087 358 8497

Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Jessica Maroga
Jnr. Landbou-ekonoom

087 358 8391

Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Orapeleng Mocumi
Algemene Bestuurder – Maluti Farming PALS

087 358 8836

 Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Francois Crause
Mentor

083 244 8454

Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

 

Limpopo

Naam

Tel.

Epos Adres

Pieter Van Der Merwe
Streeksbestuurder – Landbou Ontwikkeling Limpopo

015 590 0095

Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Tirsa van der Merwe
Administrasie Assistent – Landbou Ontwikkeling Limpopo

015 590 0095

Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.