VKB Saadverwerking

VKB bedryf reeds vir baie jare ’n saadverwerkingsaanleg buitekant Reitz. Hier word saad van ’n aantal verskaffers gesif en verpak. Die aanleg dien as verspreidings- en bemarkingspunt van weidings- en voergewasse.
Saadvermeerderings word ook deur die Saadverwerkingsafdeling gedoen in noue samewerking met verskeie saadmaatskappye en kwekers. Die saad word versprei vanaf Saadverwerking, en aankope kan by Saadverwerking, VKB-silo’s en die verskeie VKB-insethandelafdelings gedoen word. As produsente-onderneming is dit vir VKB van die uiterste belang dat sy kliënte markverwante pryse gebied word en dat produkte wat hulle benodig, deurentyd plaaslik beskikbaar is.
Die aanleg bied ook skoonmaakdienste en beskik ook oor ’n saadtoetslaboratorium waar ontkiemings- en suiwerheidstoetse op grasse en ander agronomiese gewasse uitgevoer word. Die laboratorium is deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye geakkrediteer en alle toetse word volgens die ISTA-reëls uitgevoer. VKB se toetslaboratorium beskik ook oor groot saadversamelings wat oor die afgelope vyf jaar opgebou is, wat agronomiese, akkerbou- en tuinbou-grasse en -onkruide insluit.
VKB het ooreenkomste met verskeie saadmaatskappye. Die hooffokus is om uitmuntende diens aan produsente te verskaf.

Naam

Tel.

Saadverwerking kantoor:

058 863 8374/83/84

Vakant
Bestuurder

058 863 8596

Narika Delport
Kwaliteits Bestuurder

058 863 8596

082 416 7089

Ignatius Foord
Produksie Bestuurder

058 863 8383

072 935 2360