Crown Bag (Pty) Ltd

Die maatskappy se fabriek op Harrismith in die Vrystaat vervaardig verpakkingsmateriaal. Die fabriek bestaan uit verskeie aartappelsakkielyne (plat sakke en sakke met insetsels {gussets}), ’n eksklusiewe lyn vir houtskoolsakkies en ’n veeldoelige lyn vir houtskool-, kos- en meelsakke.


Die fabriek se sentrale ligging verseker toeganklikheid tot die hoofroetes van al die provinsies in Suid-Afrika. Hierdie gerieflike verbinding tussen die onderskeie provinsies verseker die ekonomiese en doeltreffende verspreiding van aartappel- en houtskoolsakke aan kommersiële boere en ander kliënte in Suid-Afrika, Angola, Namibië en Mosambiek.


Aangesien gehalte ’n prioriteit vir Crown Bag is, word al die sakke volgens die hoogste spesifikasies vervaardig, soos vereis deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.


Crown Bag lewer produkte reg oor Suid-Afrika. Die fabriek het die kapasiteit om maandeliks meer as nege miljoen sakke te produseer. Kliënte kan kies tussen ongedrukte sakke en sakke met hul eie handelsmerk of kentekens, asook ander inligting wat in tot soveel as ses kleure daarop gedruk kan word. Ontwerpers by die fabriek help kliënte hiermee en verseker so dat hulle ’n pasgemaakte gehalteproduk kry wat vir die verbruiker verdere waarde toevoeg.


Die skaalvoordele wat uit die kapasiteit van die fabriek voortspruit, verseker kostedoeltreffende verkryging van grondstowwe en verseker nie alleenlik Crown Bag se mededingende posisie in die mark nie, maar dra ook by tot ’n verlaging in insetkoste vir produsente.

Tel: 058 635 1166

Besoek ons webwerf