VKB Milling (Edms.) Bpk.

In 2022 het twee eenhede in die VKB Groep, naamlik VKB Milling (Edms.) Bpk. en VKB Flour Mills (Edms.) Bpk., kragte saamgesnoer en dryf nou handel en voer sy werksaamhede uit onder die naam VKB Milling (Edms.) Bpk.

In Mokopane, Lydenburg en Louis Trichardt het die onderneming witmieliemeulens met ’n kapasiteit van 240 000 ton per jaar. Hierdie mieliemeel word onder die Magnifisan-handelsnaam verkoop en die produk is goed gevestig in Limpopo en die omliggende gebiede. Verskeie kanale word gebruik om mieliemeel aan verbruikers te verkoop, terwyl ’n netwerk van eie winkels/depots ook gebruik word om verbruikers te bereik.

By die koringmeulens in Frankfort, word koekmeel, wit- en bruinbroodmeel, beskuitmeel sowel as semels geproduseer. Hierdie meulens het ’n kapasiteit van 120 000 ton per jaar.

Die maatskappy se werksaamhede word gefokus op die verskaffing van meel van goeie en konsekwente gehalte aan verbruikers.

Waardetoegevoegde produkte word vermeng in gebruiksgereedmengsels vir kliënte om te verseker dat hulle ’n goeie bak-ervaring het.

Ten einde aan gehaltestandaarde ten opsigte van meel en mieliemeel, soos deur die wet voorgeskryf en deur klante vereis, te voldoen, word mielies en koring van goeie gehalte aangekoop. Die meel en mieliemeel word op verskeie stadiums van die produksielyn getoets deur verteenwoordigende monsters te neem en dit teen verskillende tye van die dag in die laboratorium te toets.

Danksy die sterk fokus op die vereiste gehalte vir kliënte het die maatskappy reeds ’n hele paar nasionale kliënte. Die meule en bakkery is beide FSSC 22 000-geakkrediteer.

VKB Milling is nou goed geposioneer om meel en mieliemeel van puik gehalte aan kliënte te lewer.

Mokopane
10 Hereford Street, Mokopane
Tel: 015 491 9000

Louis Trichardt
53 Grobler Street, Louis Trichardt
Tel: 015 516 0155

Frankfort
13 Baret Street, Frankfort
Tel: 058 813 1960

Frankfort
De Villiersstraat 15, Frankfort
Tel: 058 813 1567

Lydenburg
1 Koöperasie Street, Lydenburg
Tel: 013 235 2058/9