Finale goedkeuring vir samesmelting tussen VKB en GWK

Die goeie nuus kan gedeel word dat die samesmelting tussen VKB en GWK nou finaal deur die relevante regulatoriese owerhede, insluitend die Mededingingsowerhede, goedgekeur is nadat daar aan die transaksie se laaste opskortende voorwaardes voldoen is. Dit beteken dat die twee landbougroepe vanaf vandag, 31 Mei 2023, in ʼn nuwe saamgestelde groep funksioneer.

 

Vind hierby aangeheg ʼn gesamentlike verklaring van VKB en GWK vir meer inligting.

 

Groete,
PG Strauss
VKB Groep: Besturende direkteur