Groei is ons besigheid

Vrystaat Koöperasie Beperk (VKB) is ’n visioenêre landbou-onderneming met sy hoofkantoor op Reitz, ongeveer 200 km van Johannesburg, en die slagaar van die landbou in die Noordoos-Vrystaat.

Ons kernbesigheid is primêre insethandel, die bemarking van graan en lewering van dienste aan graanprodusente in pas met internasionale standaarde, raadgewende landboukundige dienste, inligtingstegnologiedienste (IT-dienste) met intydse markaanwysers en finansierings- en versekeringsdienste na gelang van elke kliënt se behoeftes.

Ons streef daarna om die pad vir optimale welvaartskepping te baan deur gehaltediens en bekostigbare produkte te lewer.