2018/12/10

REAKSIE OP E-NUUS BERIG

Na aanleiding van ‘n nuusberig op Sondag 9 Desember 2018 deur e-Nuus wat tot verwarring kan lei, wil VKB net ‘n regstelling maak. VKB distansieer homself ten sterkste van ‘n moontlike vertolking dat VKB onteiening sonder vergoeding ondersteun.
VKB het ʼn Mediadag op Woensdag 5 Desember 2018 gehou om ontwikkelingswerk, onder VKB se leiding, bekend te stel. Toetrede tot aspersieverbouing was ʼn belangrike tema, en dit het nie oor grondonteiening gehandel nie. Donderdagaand het e-Nuus hieroor berig, waar positief op die ontwikkeling en die aspersieprojek gefokus is.

Sondagaand 9 Desember 2018 was daar ʼn tweede berig op e-Nuus waarin gesê is dat opkomende boere en ontwikkelings-organisasies ten gunste is van grondonteiening sonder vergoeding. Dit het voortgevloei uit onderhoude wat e-Nuus met AFASA en GFADA gevoer het, waarin die organisasies se standpunte daaroor weergegee is.

VKB is, deur Agbiz, aktief betrokke by die onderhandelingsproses rondom onteiening sonder vergoeding, wat op die hoogste vlak met die Regering gevoer word. Agbiz verteenwoordig die belange van al die landboubesighede asook ander rolspelers en kommersiële banke.

Aflaaibare weergawe


Follow us on Social Media

VKB group results

Mechanization & Equipment

Television Advertisement