Bewaaringslandbou Dag

Dekgewasse en Vee-integrasie in Bewaringslandbou

24 Augustus 2017

‘N Bewaringslandbou-boeredag is by Ascent Graansilo naby Vrede aangebied deur VKB Landbou, Ascent studiegroep, GraanSA en die Mielie Trust. Die doel van die dag was om te kyk na die integrasie van vee en dekgewasse in Bewaringslandbou. Izak Dreyer van Ascent het sy praktyke aan ons verduidelik en ook gepraat oor sy onlangse besoek aan die VSA om na hulle Bewaringslandbou te kyk. Sy boodskap wat dat ons die natuur moet naboots, of Bio-mimic soos hy dit noem. As ons Bewaringslandbou hier wil toepas moet ons begin om soveel as moontlik organiese materiaal op te bou.

Op die foto van links is: Paul Zietsman, voorsitter van Ascent studiegroep, Dewald Vosloo, voedingkundige van Saamstaan Voere, dr Robert Steynberg van VKB, Izak Dreyer, VKB bewaringsboer, Egon Zunckel, VKB bewaringsboer, Suzette Smalberger van VKB, Jerry Maritz van VKB Graan, Jaco Heckroodt, senior ekonoom VKB.


Follow us on Social Media

VKB group results

Mechanization & Equipment

Television Advertisement