Landbou-Ontwikkeling

Oorsig

VKB streef daarna om ’n positiewe rol te speel in die transformasie van landbou in Suid-Afrika. Afgesien van interne vernuwing en verantwoordelike korporatiewe burgerskap, behels dit ook ’n gefokusde uitwaartse strategie om nuwelingboere te ontwikkel. Die oorkoepelende doelwitte hiervan is ekonomiese groei, sosio-ekonomiese ontwikkeling, werkskepping, voedselsekerheid en die bewaring van die natuurlike omgewing.
VKB het gespesialiseerde landbou-ontwikkelingsafdelings in die twee fokusgebiede van Limpopo en die Vrystaat tot stand gebring, met kantore in Reitz, Modimolle en Polokwane. Met landbou-ekonome, tegniese landboukundiges en mentors op plaasvlak as deel van die personeelkorps, is hierdie afdeling met die nodige ondervinding en kapasiteit toegerus om uitstaande ontwikkelingsuitkomste teweeg te bring.
VKB beskik oor inligting van 500 opkomende boere in sy databank, en is direk by die ontwikkeling van 130 opkomende boere met ’n gesamentlike gewasoppervlak van 7 000 hektaar betrokke. In die Vrystaat-gebied word grootliks op kommersiële gemengde boerderye gekonsentreer met graangewasse as die hoofvertakking (50 boere met gewasoppervlakte van gemiddeld 130 hektaar per boer), terwyl in Limpopo op kleinskaalboere met intensiewe gewasse onder besproeiing gefokus word (80 boere met gemiddelde gewasoppervlakte van 5 hektaar per boer). Die bydrae tot ontwikkelende boere oorskry jaarliks 3% van die netto wins ná belasting, wat VKB ’n Vlak 1-bydraer maak tot Swart Ekonomiese Bemagtiging ten opsigte van besigheidsontwikkeling.

Ontwikkelingsmodel

 

Volhoubaarheid en benadering

Die strewe om volhoubare kommersiële nuwelingboere tot stand te bring, staan sentraal tot die VKB-ontwikkelingsinisiatief. Volhoubaarheid beteken dat boere se doelwitte ten opsigte van die ekonomiese, maatskaplike en natuurlike omgewings bereik moet word.
Ontwikkelingsisteme is enersyds ontwerp om aan boere ’n volhoubare besigheidsgeleentheid te bied, en andersyds om die regte ingesteldheid by boere te induseer. Die sukses hiervan kan onder meer gemeet word in die mate waartoe die volgende uitkomste bereik is:

  • ’n Toegewyde boer wat eienaarskap en volle verantwoordelikheid van die boerdery aanvaar;
  • Die voortbestaan van volhoubare produksie met voldoende voorsiening vir kapitaaluitbreiding en behoeftes van die plaashuishouding;
  • Die handhawing van etiese gedrag en produktiewe verhoudings met betrekking tot die gemeenskap en sakevennote; en
  • Geslaagde besigheidsopvolging (suksessie) om die boerdery aan toekomstige geslagte oor te dra.

VKB se benadering is dus om langtermynverhoudings met boere te vestig en betrokke te wees totdat die boer op sy eie voete kan staan. Die benadering is dus een van ’n meer in diepte fokus by minder boere, ten einde volhoubaarheid te bereik. Dit staan in teenstelling met ’n vat-en-los benadering of om voorligting oor ’n wye front te verskaf. Laasgenoemde funksie hoort eerder by regering- of kommoditeit-instellings.

Volledige ondersteuningspakket

VKB het die ontwikkelingsuitdaging aanvaar deur ’n volledige eind-tot-eind-ondersteuningsprogram vir opkomende boere oor die afgelope tien jaar te ontwikkel, met die oog op:

  • ’n Volledige ondersteuningspakket insluitend opleiding, voorligting, mentorskap, finansiering, insetverkryging en toegang tot markte;
  • Die koördinering van ontwikkeling tussen rolspelers en mobilisering van ontwikkelingsfondse en middele; en
  • Die verligting van strukturele beperkinge van boere ten opsigte van kennis, bestuurskapasiteit, kapitaalvorming, meganisasie, finansiering, markte, hulpbronstatus en ekonomie van skaal.

Finansiering

Finansiering van opkomende boere is uitdagend weens lae winsgewendheid en hoë risiko eie aan die Suid-Afrikaanse landbou, en dit word verder bemoeilik deur gebrek aan kollateraal. Dit beklemtoon die belangrikheid van tegniese en ekonomiese mentorskap om goeie boerderypraktyke te verseker ten einde finansiële risiko te verlaag. Daarbenewens verg dit ook spesiale finansieringsbeleidsmaatreëls, sowel as die toedeling van kredietbestuurders wat spesifiek fokus op die eiesoortige behoeftes en vereistes van ontwikkelende boere.

Opleiding

Agri-Seta geakkrediteerde opleiding:
Opleiding om opkomende boere toe te rus met kennis van moderne plaasbestuur bly ’n sterk dryfkrag agter VKB se ontwikkelingstrategie. Sedert 2008 het VKB 236 ontwikkelende boere ingeskryf in Agri-Seta-geakkrediteerde boerderybestuursprogramme met ITO Batho Pele as die vernaamste opleidingsinstansie.

Praktiese vaardighede op plaasvlak deur mentorskap

Praktiese vaardigheidsontwikkeling vind plaas deur middel van deurlopende voorligting en mentorskap, waartydens boere op plase besoek en bygestaan word. Sentraal tot suksesvolle mentorskap staan boere se doelwitte en persepsies, sowel as die opbou van wedersydse vertroue en onderrig in gesonde besigheidsgedrag. Dit is belangrik dat boere self met verteenwoordigers van agri-besighede skakel en besigheidskontakte opbou. Die fokus moet dus wees om boere te bemagtig en te motiveer, sonder om hul verantwoordelikhede oor te neem en “vir hulle te boer”. ’n Fyn balans moet hier getref word, en dit bly een van die groot ontwikkelingsuitdagings.

Finansiële bestuursvaardighede

Ekonomiese aspekte word dikwels afgeskeep in ondersteuning aan ontwikkelende boere. Finansiële bestuur, met inbegrip van rekordhouding, besigheidsbeplanning en begrotingskontrole, is egter ’n noodsaaklike bestuursfunksie en meer so by nuwe boere. Soos vele ander boere skram opkomende boere weg van administratiewe aspekte, en dit word verder benadeel as gevolg van lae geletterdheid. ’n Groot uitdaging lê daarin dat opkomende boere eienaarskap sal neem van besigheidsuitkomste met gepaardgaande risiko’s. Dit kan slegs gebeur as boere voldoende begrip ontwikkel deur fisiek betrokke te wees by die opstelling van besigheidsbeplanning en rekordhouding.

Aspersie-ontwikkeling en vennootskapvorming

’n Projek waarin boere bemagtig is om tot aspersieproduksie in die Oos-Vrystaat toe te tree, kan dien as voorbeeld van die potensiaal van vennootskapvorming en samewerking tussen instansies.
Die projek het voortgespruit as ’n poging om een van die belangrikste strukturele probleme van graanboere aan te spreek, naamlik onvoldoende ekonomie van skaal. Daar is gesoek na ’n hoëwaardegewas om by graanboere as gewasvertakking onder droëlandtoestande in te sluit. Aspersies, wat tradisioneel in die Oos-Vrystaat verbou was, is as potensiële gewas geïdentifiseer. Toegang tot aspersies deur opkomende boere is egter beperk deur hoë kapitaalvereistes, gespesialiseerde kennis en marktoegang.
Hierdie beperkings is deur samewerking en die vorming van strategiese vennootskappe te bowe gekom.
Die vernaamste elemente van aspersieproduksie sluit in:

  • Aspersies is ’n hoëwaardegewas. Dit is egter ook arbeid- en bestuursintensief;
  • Tydens die oesperiode (wat van twee tot ses maande vanaf Augustus tot Februarie strek) moet aspersies twee maal daagliks, elke dag van die week, geoes word. Streng gehaltevereistes geld en die produk moet deurgaans verkoel word sonder onderbreking in die koue ketting;
  • Dit is ’n langtermyngewas met ’n leeftyd van 13 jaar, afhangend van hoe goed dit versorg word.
  • Saad is nie plaaslik beskikbaar nie en moet ingevoer word. Daarna moet krone of saailinge geproduseer word, waarna vestiging ná verloop van ’n jaar kan plaasvind;
  • Vestiging is kapitaalintensief (R65 000 per hektaar) en daar word tipies eers vanaf die derde jaar ná vestiging geoes;
  • Tegniese kennis en produksiegegewens is nie geredelik in Suid-Afrika beskikbaar nie;
  • Aspersies kan vir die vars (“groen”) of geprosesseerde (“wit”) mark geproduseer word. Die produksie van vars, groen aspersies is die marksegment wat die vinnigste groei toon;
  • Verspreiding van vars aspersies vind grootliks deur kleinhandelsgroepe plaas, wat marktoegang beperk.

Die vernaamste elemente van die gesamentlike projek en vennootskappe sluit in:

  • Nege nuwelingboere is geïdentifiseer, vier in die Qwa-Qwa en vyf in die Rosendal-area;
  • Hierdie boere is ontwikkel om elk op sy plaas met graan te boer;
  • Ten einde hul grond en ekonomie van skaal uit te brei, is vir elke boer 15 hektaar aspersies ontwikkel;
  • Die aspersies is op twee plase (een in elke gebied) gevestig, op grond wat deur middel van langtermyn-huurooreenkomste bekom is;
  • Befondsing het plaasgevind deur bydraes (“grants”) van die JobsFund, sowel as lenings van VKB (wat deels ook onder die Landbank se REM-program geresorteer het);
  • Ten einde kollektiewe bestuur van die plase te bewerkstellig, is twee maatskappye deur die boere gevorm;
  • Tot ná die eerste jaar van vestiging is boere deur VKB bygestaan met mentorskap, invoer van saad, maak van saailinge, vestiging en tegniese advies;
  • ’n Groot deurbraak tot die projek het plaasgevind toe ’n vennootskap tussen die twee maatskappye VKB en Denmar gevorm is;
  • Die belangrikste voordeel vanuit die vennootskap met Denmar is dat toegang tot vername kleinhandelsgroepe (PnP, Checkers, Spar, Fruit& Veg), sowel as uitvoermarkte, onder die Denbi-handelsmerk verkry is;
  • Denmar se verpakking- en uitgebreide verspreidingsnetwerk, sowel as tegniese vaardighede en kennis, het opkomende boere tot voordeel gestrek;
  • Deur die vennootskap word boere nie as kontrakgroeiers hanteer nie en word hul prys afgelei van die eindverbruikersprys. Daar word ook gefokus op gesamentlike markontwikkeling onder Denmar se leiding;
  • Ten einde te voldoen aan die vereistes om marktoegang tot kleinhandel en uitvoermarkte te kon verkry, is Global G.A.P.-akkreditasie verkry. Basiese infrastruktuur (was en verkoeling) is ook op plase geskep.


Vrystaat

Naam

Tel.

Epos Adres

Piet Potgieter

Bestuurder: Landbou-ontwikkeling

087 358 8834

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Pietman Botha

Landbou-ekonoom

087 358 8601

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Lavinia Mpholo

Landboukundige ondersteuningsbeampte

087 358 8346

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Soné Laing
Jnr. Landbou-ekonoom

087 358 8836

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Lahomé Mathee
Jnr. Landbou-ekonoom

087 358 8572

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Jabulani Nzimande
Landboukundige

087 358 8593

 Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Bertus Cordier
Mentor – Oostelike streek

082 789 2557

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Francois Crause
Mentor – Westelike streek

083 244 8454

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

Limpopo

Naam

Tel.

Epos Adres

Prozzy Ravele
Landboukundige

015 297 3671

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Pieter van der Merwe
Mentor

015 297 3671

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Patience Ntloko
Landbou-ekonoom

014 719 9002

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Kamogelo Segage
Jnr Landbou-ekonoom

015 297 3671

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.