Die Afdeling Landbou-ekonomiese Dienste lewer die volgende dienste:
• Landbou-ekonomiese beplanning (Oorlewingstudies)
• Ekonomiese en lewensvatbaarheidsanalises
• Verskaffing van landbou-ekonomiese besluitnemingsnorme, modelle en inligting (Inset- en meganisasiekostebegrotings)
• Produksie- en bestuursdoeltreffendheids-ontledings (Buro-onttrekkings)
• Die aanbied van lesings rakende landbou-ekonomiese aspekte.

 

Kontakbesonderhede

Jaco Heckroodt
Reitz, Petrus Steyn, Warden, Bethlehem en Harrismith
Tel: 058 863 8215 
Faks: 086 517 5530 
Sel: 082 423 5804 
E-pos:  Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

Conrad Badenhorst
Vrede, Memel, Frankfort, Oranjeville en Villiers
Tel: 087 358 8835
Faks: 086 293 9354 
Sel: 078 085 4426 
E-pos:  Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

 

VKB-bestuursburo
Die Bestuursburo van VKB lewer die volgende volgende belangrike dienste:
• Verskaffing van ’n volledige BTW- en belastingvoorbereidingsdiens
• Adviesl en ondersteuning deur die ontleding en interpretasie van tegniese en finansiële data oor tyd (begroting afwykingsverslae wat besluitneming oor die korttermyn ondersteun)
• Verskaffing van, en opleiding in, die gebruik van landbougerigte sagteware-programme.

 

Kontakbesonderhede

Salome Davel
Reitz
Tel: 058 863 8529 
Faks: 086 519 3221 
Sel: 072 467 7225 
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

Ann Basson
Vrede
Tel: 087 358 8825
Faks: 086 616 4254 
Sel: 083 659 4669 
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

 

Landbou-sagteware (Landbou-apparatuur)
Die Departement tree op as handelaar vir landboukundige sagteware (apparatuur) om bestuursinligting te genereer. Die produkreeks van die sagtewarehuise Software Farm en AfriKlok word verkoop, geïnstalleer, en onderhou. Opleiding word ook verskaf.

Die produkreeks wat bemark word, sluit die volgende in:
• Simfini: Hierdie omvattende finansiële rekordhoudingsprogram stel die gebruiker in staat om finansiële transaksies te boekstaaf. Dit het die voordeel dat bestuursinligting, sowel as inligting oor BTW en inkomstebelasting,,bygehou kan word. Begrotings kan ook deur middel van die program opgestel word. Transaksies wat kliente by VKB, voorste landbou maatskappy, NTK, SENWES, GWK, NWK, AFGRI en OVK aangaan,word elektronies op Simfini afgelaai. Finansiële-, bestuurs- en belastingverslae is ook op dié stelsel beskikbaar.
• Akkoord: Akkoord is n arbeidsbestuursprogram wat die gebruiker in staat stel om alle arbeidsaangeleenthede soos vergoeding, verlof, dissiplinêre verhore en kontrakte elektronies aan te teken. Loonstate en WVF-verslae is van die belangrikste verslae wat beskikbaar is.
• Saaiplan: Dit is uiters noodsaaklik dat elke boer 'n volledige gewasbeplanningsmodel gebruik. Saaiplan word dus gebruik word om gewasbeplanning en rekordhouding te vergemaklik. Die inligting is vir elke gewas, land of plaas onderskeidelik beskikbaar.
• Duet: Duet is ’n varsprodukte- bemarkingsprogram wat gebruik word om rekord te hou van varsprodukte wat van die plaas bemark word. Die basis van die program is ’n vragbrief wat aan ’n-agent uitgereik word. Verkope en aftrekkings word teen die vragbrief aangeteken. Alle finansiële inligting kan ook elektronies na Simfini oorgeplaas word. ’n Verskeidenheid bestuursverslae ens finansiële verslae is ook beskikbaar.
• Agrimelk: Die Agrimelkprogram is 'n bestuursprogram vir melkerykuddes wat veelvoudige kuddes administreer. Rekordhouding van ’n wye spektrum aktiwiteite word gedoen.
• Agribees: 'n Bestuurstelsel vir Kommersiële kuddes of stoetbeeskuddes word met behulp van hierdie program bestuur. Die stelsel word gebruik vir die administrasie en bestuur van individuele diere wat deel uitmaak van kuddes van hierdie aard.

Volg ons op Sosiale Media

VKB groep resultate

Meganisasie en Toerusting

Televisie Advertensie