Die VKB Groep het ‘n strategiese doelwit daargestel om brandstofaanbieding aan sy kliënte dinamies uit te brei. Deel van hierdie aanbieding sluit in die opgradering van bestaande brandstofpunte na volwaardige vulstasies.

Vir die publiek se gerief sal hierdie vulstasies 24 uur per dag sake doen. Die aanbieding aan kliënte sal ook ‘n geriefswinkel insluit, genaamd VKB Express. Hier kan kliënte toegang verkry tot ‘n uitgebreide reeks produkte. Buiten algemene kruideniersware en lekkernye sal daar ook ‘n uitgesoekte reeks bevrore produkte, asook wegneemetes en koffie beskikbaar wees.

Skoon en netjiese kleedkamers is ‘n topprioriteit van VKB Express, en vorm deel van die een-stop diens aan kliënte wat in die vooruitsig gestel word.

058 863 8603
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Volg ons op Sosiale Media

VKB groep resultate

Meganisasie en Toerusting

Televisie Advertensie