VKB Auction Centre (Edms.) Bpk.

VKB se bedieningsgebied is bekend vir sy graangewasse en toenemend ook sojabone. Wat die landbouwaardeketting betref, is VKB van begin tot einde deel van die saaiproses met al sy fasette, tot by die verwerking en bemarking van lede se gewasprodukte.

Maar wat doen VKB vir veeboere? Dit was die reaksie van Koos Janse van Rensburg met die aankoop van die veilingsentrum in Frankfort wat nou as die VKB Auction Centre bekend staan. “Dit is vir ons belangrik om aan ons lede ’n eenstopdiens te bied. Ons verkoop reeds veemedisyne en ander middels wat deel van die waardeketting is, daarom het dit strategies sin gemaak dat VKB ook met die veeboer saamwerk om ’n goeie platform vir waardetoevoeging te bied met ’n dienspunt waar vee opgeveil kan word.”

Frankfort is baie sentraal geleë in VKB se bedieningsgebied, vandaar die besluit om die veilingsentrum daar te bekom.

Met hierdie nuwe vertakking verseker VKB dat sy visie van waardetoevoeging verder verwesenlik word.

Volg ons op Sosiale Media

VKB groep resultate

Meganisasie en Toerusting