Crown Bag

Die Crown Bag-fakbriek is ‘n verpakkingsmateriaal-vervaardiger in Harrismith in die Vrystaat.  Die fakbriek is in 1989 gestig.  Die VKB groep se belegging in hierdie maatskappy is in lyn met die groep se strategie om te fokus op integrasiegeleenthede in die landbouwaardeketting en getrou te bly aan die identiteit as ‘n produsentebesigheid.  Die fabriek het die kapasiteit om maandeliks meer as ses miljoen sakke te vervaardig.  Die skaalvoordele wat uit die kapasiteit voortspruit, verseker kostedoeltreffende verkryging van roumateriaal en verseker nie alleenlik Crown Bag se mededingende posisie in die mark nie, maar dra ook by tot ‘n verlaging in insetkoste vir produsente.

Tel: 058 635 1166

Volg ons op Sosiale Media

VKB groep resultate

Meganisasie en Toerusting

Televisie Advertensie