Die Kromdraai Groep bestaan uit drie afsonderlike maatskappye, naamlik Kromdraai’s Best Milling (Edms.) Bpk., wat uit ‘n koringmeule wat koekmeel, wit- en bruinbroodmeel en semels produseer en onder die handelsmerk Super Sure handel dryf; Ixia Trading 177 (Edms.) Bpk., wat ‘n industriële aanleg-bakkery is wat tans wit- en bruinbrood bak en Moliblox (Edms.) Bpk., wat ‘n silo kompleks is wat eksklusief koring berg vir die meule.

Die meule het 16 jaar gelede op ‘n plaas in die Oos-Vrystaat op klein skaal begin.  Vandag het die meule ‘n kapasiteit van 20 ton per uur.  Die bakkery het die kapasiteit om 70 000 tot 75 000 duisend brode per dag te bak.  Moliblox kan met gemak 27 000 ton graan berg.

Tel: 058 813 1567

Volg ons op Sosiale Media

VKB groep resultate

Meganisasie en Toerusting

Televisie Advertensie