In 2012 het die VKB Groep 'n veevoerproduksieaanleg in Vrede in die Vrystaat opgerig.  Triple V Animal Feeds het ‘n produksiekapasiteit van ongeveer 15 000 ton veevoer per maand.  Die fabriek het hoogs gesofistikeerde toerusting en vervaardig ‘n volledige reeks veevoere wat deur die VKB- en NTK-netwerk van handelstakke versprei word.  Produkte is beskikbaar in massa, 40 kg sakke, verpil, verkorrel of as meel.  Hierdie veevoerfabriek het die bykomende voordeel dat dit ‘n gewaarborgde mark verseker vir ‘n gedeelte van die sojaoliekoek wat Free State Oil produseer.  Die braaikuikenvoer is van prima gehalte en word verskaf aan gekontrakteerde groeiers van braaikuikens wat Grain Field Chickens voorsien. 

Tel: 087 358 8700

Volg ons op Sosiale Media

VKB groep resultate

Meganisasie en Toerusting

Televisie Advertensie