VKB plant 500 bome vir 100ste verjaardag

VKB vier sy 100ste verjaardag met sy leuse “Vir die liefde van die land” altyd in gedagte.

Daarom gaan daar vanjaar 500 bome by verskillende skole in Limpopo en die Oos-Vrystaat geplant word as deel van VKB se Groen Projek en ook ter viering van Madibadag.

Drie borge – Sam Engineering, Save the Planet en VKB Groep – het kragte saamgesnoer vir die projek en vandag word 100 bome by die Primere School in Petsana(Reitz- Vrystaat) geplant word.

VKB Groep, Sam Engineering en Save the Planet voel dit is wonderlik dat een dag opsygesit word om te fokus op inisiatiewe wat bydra tot die opheffing en verbetering van mense en gemeenskappe. Ons doen dit nie net as deel van ons korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid nie, maar ons glo dat dit ook deel van ons kultuur moet wees.

VKB dra by tot die opheffing en volhoubaarheid van baie gemeenskappe in die gebied waarbinne ons sake bedryf en ons doen dit deur verskeie programme, inisiatiewe en werkskepping.

Met hierdie boomplantprojek wil ons vir kinders leer hoe belangrik bome is en ook hoe om die bome te versorg nadat dit aangeplant is. Behalwe dat ons hulle wil leer hoe om ons omgewing te bewaar, die konsep van aardverwarming by hulle tuis te bring en bewus te maak van hoe dit ons natuur en ons toekoms bedreig, wil ons hulle ook verantwoordelikheid leer deur die versorging van die bome. Deur die bome gereeld nat te lei, glo ons dat ons by hulle sal inskerp hoe ‘n klein bietjie moeite groei, welstand en welvaart tot gevolg het – net soos enige belegging in hul toekoms.

Met dit alles wil ons ‘n liefde vir die land by hulle kweek – nie net liefde en respek vir landbou en boere nie, maar ook vir ons land. Met hierdie klein gebaar belê ons dus in die toekoms van Suid-Afrika.

 

KENNISGEWING VAN VERKIESING VAN NIE-UITVOERENDE DIREKTEUR: VKB BELEGGINGS (EDMS.) BPK.: WYK 6

Kennis word hiermee gegee aan die aandeelhouers van die verkiesing van ‘n nie-uitvoerende Direkteur vir VKB Beleggings (Edms.) Bpk. vir Wyk 6 vooruitspruitend uit die nominasie van die volgende kandidate:

1. DANIËL JOHANNES KRIEK, PLAAS QUARTA, TWEELING
2. GEORGE REINHARDT OTTO, PLAAS DAMASCUS, TWEELING

Die wyksverkiesing sal plaasvind op 13 Augustus 2019 vanaf 09:00 tot 15:00 te VKB HANDELSTAK, FRANKFORT.

Slegs aandeelhouers wat ooreenkomstig die rekords van VKB onder Wyk 6 ressorteer, mag aan die verkiesing deelneem.

DIE KENNISGEWING EN VOLMAG IS BESKIKBAAR OP DIE VOLGENDE SKAKELS, EN BY U PLAASLIKE VKB HANDELSTAK, of kan aangevra word vanaf die Groep Maatskappysekretaris, Rina Erasmus (tel.: 058 863 8261 of E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)

Aflaaibare Kennisgewing

Aflaaibare Volmag

Food For Mzansi announces historic partnership with VKB group

The VKB group has announced a historic partnership with the Farmers For Change movement to help promote a more diverse and nuanced image of South African agriculture.

Farmers For Change is led by media personality, Ivor Price, and digital strategist, Kobus Louwrens. It will engage especially black South Africans through a series of initiatives under the “Food For Mzansi” umbrella, to create a greater love for the country’s farmers, farm workers and others agricultural roleplayers.

Since its inception almost a century ago, the VKB Group has been devoted to finding solutions for the ever-changing and diverse needs of agricultural producers and related stakeholders. The group is a leading employer in the Eastern Free State and Limpopo countryside, providing employment to approximately 5 500 people. VKB continuously invests in initiatives and infrastructure projects for the benefit of the rural communities it serves.

Pictured from the left is Deon van der Ross (VKB’s Executive Manager: Corporate Marketing and Retail), Kobus Louwrens and Ivor Price (the founders of Food For Mzansi) and Francois Swanepoel (Executive Director: VKB Landbou Vrystaat)

According to Deon van der Ross, VKB’s Executive for Corporate Marketing and Retail, the Farmers For Change Movement is one of the largest pro-agricultural movements in recent history. “We are doing everything for the love of the land. We are convinced that agriculture can save South Africa, despite massive political and economic pressures on the industry and our farmers. The Farmers For Change movement plays a critical role in creating broader awareness of the diversity of role players and opportunities offered by agriculture.”

Read more on www.foodformzansi.co.za

Die VKB toep

Hiermee stel ons graag die nuwe VKB Toep bekend. Registreer asseblief met u lid nommer om die inligting via die toep te ontvang wat op u van toepassing is. U sal steeds sms’e ontvang totdat almal tevrede is met die Toep.  Neem asseblief kennis dat hierdie voorlopig ‘n beta (toets) weergawe is.

Die VKB Toep stel die huidige en toekomstige kommoditeitspryse vir u beskikbaar.  Daar is ook weerkaarte wat u omgewing se weer vertoon, sowel as die res van Afrika en Noord-Amerika. Die rand-dollar, rand-euro en Brent ru-olie prys is ook op die Toep beskikbaar.

Toets gerus die VKB Toep om u boerdery te vergemaklik.

Kliek op die volgende “link” om die Toep af te laai:

Android-gebruikers:  - https://goo.gl/nNsEf2 

IOS-gebruikers: - https://goo.gl/7h8C7z  

Kontaknommber vir bystand – 058 863 8888.

 

  

 

 

 

 

Eksplorasieaansoeke in VKB se bedieningsgebied

VKB se Interne Regspan werk tans saam met Vrystaat Landbou om twee eksplorasieaansoeke in VKB se bedieningsgebied teen te staan. Vir doeleindes hiervan is Enviroworks as omgewingskonsultante aangestel om namens VKB en VL in die verband op te tree. Eksterne prokureurs word ook van tyd-tot-tyd gekonsulteer om te verseker dat beide aansoeke deurlopend in lyn is met die relevante wetgewing

EKSPLORASIEAANSOEKE IN VKB GEBIED.pdf

Rhino Oil and Gas application - 12 3 294 ER.pdf

Verdere Artikels...

Volg ons op Sosiale Media

VKB groep resultate

Meganisasie en Toerusting

Televisie Advertensie