Besoek- en gebruiksvoorwaardes
Die besoek en benutting van die webtuiste en/of diens is voorwaardelik daaraan
dat die besoeker uitdruklik waarborg/onderneem dat die webtuiste nie gebruik
sal word vir enige ontwettige of onregmatige doel nie. Verdermeer word
onderneem om nie enige bepaling van hierdie terme, voorwaardes, kennisgewings,
die Statuut van VKB en/of Wet 91 van 1981 te oortree of te verbreek nie. Enige
ongemagtigde kommersiële gebruik van die webtuiste word uitdruklik verbied.
Eiendomsreg
Alle inligting en materiaal op die webtuiste asook aangeleenthede wat verband
hou met die amptelike besigheid van VKB is vir VKB ‘n bate en as sulks
waardevol. Die bates en inligting is van ‘n vertroulike aard, regs
gepriviligeerd en geniet beskerming van regsweë.
Kennisgewing aangaande
aanspreeklikheid
Informasie en inligting op die webtuiste mag moontlik onakkuraathede insluit of
tipografiese foute. Verandering of wysiging van inligting vind van tyd tot tyd
plaas. VKB waarborg nie dat die webtuiste vry van onderbrekings of foute is
nie, dat defekte herstel sal word, of dat die webtuiste of rekenaarbediener wat
die webtuiste moontlik maak virus vry is of geen skadelike komponente bevat
nie.
Indemnifikasie
Die besoeker tot die webtuiste indemnifiseer VKB van enige skade of verlies wat
ontstaan as gevolg van ‘n besoek aan die webtuiste of as gevolg van ‘n
handeling gebaseer op inligting verskaf in die webruimte. Daar word uitdruklik
onderneem om in sodanige geval nie teen VKB te ageer nie.
|