VKB Taal Beleid
1. Doelwitte en Gebied
Die doelwitte van hierdie beleid dokument is om beleid beginsels met betrekking tot die gebruik van taal in alle interne en eksterne kommunikasie van VKB uiteen te sit.
2. Beleidsbeginsels
Paragraaf(5) (a) (i) van hoofstuk 1 van die Grondwetlike Bepalings van die Konstitusie van die Republiek van Suid Afrika, Wet 108 van 1996, vermeld dat die Pan Suid Afrikaanse Taal Raad (PANSALB), wat deur nasionale wetgewing gestig is, onder andere "omstandighede moet skep en bevorder vir die ontwikkeling en gebruik van alle amptelike tale ".
Enige van die amptelike tale van Suid Afrika mag dus gebruik word om VKB se besigheidsdoelwitte te bereik. Die groep se keuse van taal gebruik hang af van hierdie doel asook die omstandighede en wetgewende vereistes.
Die hoof beginsels van hierdie beleid is soos volg:
2.1 Geskrewe Taal
Geskrewe taal sluit die volgende in maar is nie beperk nie;
2.1.1 Interne kommunikasie en rekord-houding
Vir koste-effektiewe redes is die interne taal van kommunikasie en rekordhouding van VKB Afrikaans. Om hierdie rede word alle kommunikasie materiaal insluitende handleidings, omsendbriewe en briewe net in Afrikaans uit gegee, as alternatief sal voorkeur taal van die partye gebruik word.
2.1.2 Verslagdoening
In die geval waar VKB genoodsaak is om te kommunikeer met byvoorbeeld eksterne partye, sal dit in die voorkeur taal van die partye gedoen word. Sou VKB met sy insethouers oor die algemeen kommunikeer, sal die groep hoofsaaklik Afrikaans gebruik, maar sal die ander amptelike taal, waar van toepassing, gebruik word.
2.2 Mondelikse Kommunikasie
In die geval van mondelikse kommunikasie beteken VKB se beleid dat 'n kliënt bedien sal word in die taal van sy keuse indien daar 'n personeellid by 'n betrokke tak beskikbaar is wat (1) die taal verstaan en kan praat. (2) die produk of diens verstaan en (3) wel beskikbaar is. Indien nie, sal Engels gebruik word. Vanaf 'n bemarkings en besigheidstandpunt, sal takke die hoof taalgebruik in hulle gebied in aanmerking neem wanneer personeel aangestel word.

