Besigheidsprofiel
Agtergrond
VKB is ’n primêre landbou-onderneming.wat aan produsenteledebehoort, met die primêre oogmerk om welvaart vir sy lede te skep. VKB is ’n gefokusde onderneming wat oor jare ’n infrastruktuur ontwikkel het, vir die landbougemeenskap ’n anker is en waarmee sy sakevennote en belanghebbendes graag wil assosieer.VKB is in 1919 gestig en het in 1978 met die Vrede Koöperasie geamalgameer. VKB verdien reeds 91 jaar op betroubare wyse die respek en lojaliteit van sy lede en kliënte.
Vrystaat Koöperasie Beperk is op 1 April 2011 amptelik omskep in 'n maatskappy, VKB Landbou Beperk. Die maatskappy sal voortaan handel dryf onder sy verkorte naam, VKB. Die omskepping volg op 'n besluit wat die lede van VKB tydens die algemene jaarvergadering gedurende Julie 2010 geneem het.
VKB het 2 260 boere (lede) wat op ongeveer 2 miljoen hektaar boerdery beoefen. Graan word op sowat 450 000 har hiervan verbou. Die klimaat, grond en water is ideaal vir die verbouing van sonneblom, graansorghum, droë bone, sojabone, aartappels, mielies en koring. Mielies, koring en sojabone vorm die grootste aanplantings. Alternatiewe gewasse soos appels, rose, bessies en aspersies word ook verbou. Veeboere konsentreer hoofsaaklik op suiwel, wol en vleis en is verantwoordelik vir ongeveer 50% van die gebied se inkomste.
Kernbesigheid
- Graanbedryf
- Graanbemarking
- Inset- en algemene handel
- Meganisasiehandel
- Finansiering
- Kontrakgroeiprogram
- Landboudienste
VKB word deur die georganiseerde landbou erken as leier in die graanbedryf en is betrokke by velerlei fasette van sy kernbesigheid, die landbou. Hierdie beproefde beleid het VKB dekades lank aan die voorpunt van landbou-ontwikkeling gehou. Dit is derhalwe ook VKB se vaste voorneme om hierdie trotse tradisie voort te sit.
VKB streef daarna om
- Ekonomiese waarde tot die onderneming toe te voeg
- Uitnemende diens aan klante te lewer
- ’n Werksomgewing waar die volle potensiaal van die werknemers aangewend en ontwikkel kan word, daar te stel
- Eties teenoor alle belanghebbendes op te tree
- Verantwoordelik in die werksomgewing op te tree
- Te alle tye aan alle toepaslike wetgewing te voldoen
Aangesien VKB aan produsente-lede behoort, bied dit nie net groter bedingingsmag aan individuele produsente nie, maar ook direkte inspraak in en beheer oor hul besigheid.
Bestuurstruktuur
VKB se Direksie
VKB, sy Direksie en personeel is onvoorwaardelik toegewyd om te alle tye aan alle toepaslike wetgewing, wat insluit Mededingingswetgewing, te voldoen en om enige nie-nakoming of ongeruimdhede onmiddellik te rapporteer, te ondersoek en gepaste stappe te neem.
Die direksie bestaan uit nege lede wat op ’n wyksgrondslag verkies word. Die streek is in agt wyke ingedeel, wat beteken dat een wyk deur twee direkteure verteenwoordig word. Die huidige ouderdomsperk vir direkteure is 65. ’n Direkteur se ampstermyn is drie jaar en direkteure kan herverkies word. Om as direkteur te kwalifiseer, moet die betrokke kandidaat ’n bona fide-boer met boerderybelange in die betrokke wyk wees. Die Voorsitter en Ondervoorsitter word jaarliks deur die iede van die Raad verkies.
VKB ondersteun die Kode III-aanbevelings van die King Kommissie. Daar is dus ’n opleidingsprogram vir direkteure om hulle in te lig oor die jongste ontwikkelinge en hul fidusiêre verantwoordelikhede.
Foto’s:
|
PG Carshagen (Voorsitter) - Wyk 1(Reitz) |
CF Fick - Wyk 1 (Reitz)Direkteur sedert 1 Augustus 2006. Kontakbesonderhede: 082 773 5078 / JLIB_HTML_CLOAKING |
|
PJF de Villiers - Wyk 2 (Daniëlsrus/Bethlehem) |
|
ID Dreyer - Wyk 3 (Vrede/Ascent/Memel/Tweeling/Cornelia/Woudzicht) |
|
GJ Claasen - Wyk 4 (Petrus Steyn/Senekal/Heilbron) |
|
G Steyn - Wyk 5 (Warden/Harrismith/Verkykerskop) |
|
|
MC de Klerk - Wyk 7 (Oranjeville/Jim Fouche/Windfield)Direkteur sedert 1 Augustus 2003 Kontakbesonderhede: 082 412 880 / JLIB_HTML_CLOAKING |
JBS du Plessis - Wyk 8 (Villiers)Direkteur sedert 1 Maart 2005 Kontakbesonderhede: 082 967 1806 / JLIB_HTML_CLOAKING |
|
MA Letuka - Waarnemer |
|
Intreedatum: 25 Augustus 2011 Kontakbesonderhede: 082 568 2192
|
Komitees
Die Direksie beskik oor ’n aantal komitees wat uit direkteure en senior bestuurslede bestaan. Die onderskeie komiteesvergader gereeld oor die onderskeie dissiplines en doen aanbvelings aan die Raad.
Bogenoemde komitees sluit die Oudit- en Risikokomitee, die Graanbedryfskomitee, die Vergoedingskomitee, die Agriseb-komitee en die Nywerheidskomitee in.
Bestuurspan
|
|
|
|
|
|
|
|
Sas KasselmanUitvoerende Hoof - Graan |
|
|
Dr Nic van StrypUitvoerende Hoof - Finansiering en Versekering |
Tinus BamUitvoerende Hoof - Inligtingstegnologie |
Moses MaineBestuurder - Transformasie |
Samevatting
VKB is ’n standvastige en dinamiese landbou-onderneming met ’n sterk finansiële posisie en ’n lojale lede- en klantebasis. VKB het hom ten volle daartoe verbind om groeigeleenthede in die landbou-omgewing te identifiseer en deur volhoubare groei waarde vir sy lede en ander belangegroepe te ontgin en te optimaliseer.


CF Fick - Wyk 1 (Reitz)



DJ Kriek - Wyk 6 (Frankfort)
MC de Klerk - Wyk 7 (Oranjeville/Jim Fouche/Windfield)
JBS du Plessis - Wyk 8 (Villiers)
JCP Bekker - Waarnemer
Koos van Rensburg
Markus Mittermaier
Adv Rina Erasmus
Kobus van Heerden
Sas Kasselman
Riaan Gerritzen
Dr Nic van Stryp
Tinus Bam
Moses Maine