Groepmaatskappye
Aandeelhouding
VKB se aandele word deur ongeveer 2 260 lede besit. Elke lid besit 5 000 gewone aandele.
Groepmaatskappye
Al VKB se aandele word deur produsente (± 2 260) besit wat elke 5 000 aandele besit.
VKB besit 50% van NuPro Voere (Edms) Bpk wat in Bethlehem geleë is. Die oorblywende 50%-aandeel word deur mnre Neil Ungerer (41%) en Chris Schoonraad (9%) besit.
VKB besit 50% van NuPro Commodities (Edms) Bpk in Bethlehem. Die oorblywende 50% -aandeel word deur mnre Neil Ungerer (41%) en Chris Schoonraad (9%) besit.
VKB besit 100% van die aandele in Grainfield Chickens (Edms) Bpk, ’n braaikuikenprojek (abattoir) wat te Reitz geleë is.
VKB besit ’n 25%-aandeel in ’n oliepers (ZSquared Holdings (Pty) Ltd) wat in Villiers opgerig word. Die ander aandeelhouers is Sea Lake Investments (Pty) Ltd (51%) en mnr Chris van der Merwe (24%).
VKB besit 50% van die aandele in NTKLA met sy hoofkantoor te Nylstroom. NTKLA word deur VKB (50%) en NTK (50%) besit.
NTKLA besit 100% van die aandele in Crown Bag (Edms) Bpk, ’n verpakkingsaanleg wat op Harrismith geleë is.
NTKLA besit ’n belang van 55% in Venda Roller Mills, ’n meule te Thohoyandou.

