Webtuiste Gebruiksvoorwaardes
Besoek- en gebruiksvoorwaardes
Die besoek en benutting van die webtuiste en/of diens is onderworpe daaraan dat die besoeker uitdruklik waarborg/onderneem dat die webtuiste nie gebruik sal word vir enige ontwettige of onregmatige doel nie. Enige ongemagtigde kommersiële gebruik van die webtuiste word uitdruklik verbied.
Eiendomsreg
Alle inligting en materiaal op die webtuiste asook aangeleenthede wat verband hou met die amptelike besigheid van VKB is vir VKB ‘n bate en as sulks waardevol. Die bates en inligting is van ‘n vertroulike aard, mag regsgepriviligeerd wees en beskerming van regsweë geniet.
Uitsluiting van Aanspreeklikheid
Inligting op die webtuiste mag moontlik foutief wees of tipografiese foute bevat. Inligting mag ook van tyd tot tyd gewysig word. VKB waarborg nie dat die webtuiste vry van onderbrekings of foute is nie, dat defekte herstel sal word, of dat die webtuiste of rekenaarbediener wat die webtuiste moontlik maak vry and virusse is of geen skadelike komponente bevat nie.
Vrywaring
Die webtuiste word op eie risiko gebruik. Die gebruiker vrywaar VKB teen enige skade of verlies wat sodanige person mag ly as gevolg van ‘n besoek aan die webtuiste of as gevolg van ‘n handeling gebaseer op inligting verskaf in die webruimte.

