Landboukundige Dienste

VKB se Afdeling:  Landbou-ontwikkeling het dit ten doel om landboukundige dienste, tegnies, sowel as ekonomies, aan al sy kliënte te lewer. Hierdie dienste is op kliënte se behoeftes gerig, ondersteun hulle en voeg waarde toe tot hul boerderybedrywighede. Gespesialiseerde akkerboukundige en landbou-ekonomiese advies, wat VKB se Bestuursburo rugsteun,ressorteer ook onder hierdie dienste.  Landbousagteware word ook bemark en ondersteun.

Akkerboukundige Dienste

Akkerboukundige dienste sluit die volgende in:

  • Kultivar-evaluasies
  • Die identifikasie van probleme en aanbevelings
  • Algemene agronomiese advies
  • Advies rakende aangeplante weidings
  • Landboukundige ondersoeke
  • Akkerboukundige beplanning
  • Aanbied van lesings en boeredae.

Kontakbesonderhede van betrokke persoon

Jan Davel   VKB-gebied
Tel: 058 863 8529  
Faks: 086 519 3221  
Sel: 084 580 3556  
E-pos: JLIB_HTML_CLOAKING  
     
Jan Ballot   Kestell en Qwa Qwa
Sel: 083 636 1655