VKB-finansiering
VKB... jou finansieringsvennoot in die landbou
VKB is ’n gemagtigde verskaffer van Finansiële Dienste FDV 4813 en ’n gemagtigde Kredietverskaffer NCRCP 477
Voordele
Die doel van finansiering deur VKB is om die produsent in staat te stel om insetmiddele en ander landboubenodigdhede op krediet te bekom om boerderyprodukte suksesvol en volhoubaar te kan produseer. Voordele van finansiering deur VKB behels, onder andere, -
- Persoonlike skakeling, kontak en besoeke aan kliënte
- Finansieringsoplossings met ondersteuning van deur spesialiste
- Kundige finansieringspersoneel met jarelange ervaring in die landbou
- Deeglik uiteengesette state wat maandeliks aan klante voorsien word
- Finansiering, die uitstel van terugbetaling en kontantvoorskotte teen opberggraan
- Geen rente word gehef op alle kredietaankope in die maand van aankoop en die maand van betaling nie
- Vroeë betalingskorting op sekere produklyne indien betaling binne 30 dae na datum van staat geskied
- ’n Laer rentekoers word gehef op finansiering wat deur ledefondse gedek word nie
- Kredietlewensversekeringdekking van R8 miljoen – met die opsie om hierdie dekking tna ’n permanente polis om te skakel
- Professionele diens in al die VKB se bedieningsgebiede
Finansieringsprodukte
VKB bied met trots aan die produsent ’n verskeidenheid van mededingende en geskikte finansieringsprodukte wat deursigtig en eenvoudig onder een gobale limiet administreer word.
- Produksielenings
- Somergewasse (betaalbaar 31 Augustus)
- Wintergewasse (betaalbaar 31 Maart)
- Diereproduksiekrediet (betaalbaar 31 Mei)
- Maandrekenings (betaalbaar 30 dae na datum van staat)
- Termynlenings (maksimum tydperk van vyf jaar. Lenings maandeliks, halfjaarliks of jaarliks betaalbaar)
- Heelgoedere aankoopfinansiering (vierjaartermyn vir nuwe toerusting en driejaartermyn vir tweedehandse toerusting, ook halfjaarliks of jaarliks terug betaalbaar)
- Kontrakgroeifinansiering (multirisikoversekering)
Inligting wat verstrek moet word tydens aansoeke om finansiering
Die volgende inligting word benodig vir aansoeke om finansiering:
- Aansoeker se jongste finansiële inligting
- FICA-inligting wat bestaan uit: bewys van fisiese adres, identiteitsdokument en registrasie as belastingpligtige, sowel as BTW-sertifikaat. Vir regsentiteite word publieke dokumente soos hierbo uiteengesit van die betrokke individue ook verlang.
Lidmaatskap
Lidmaatskap verleen aan alle produsente volle toegang tot die onderskeie finansieringsprodukte ten opsigte waarvan daar gekwalifiseer word. Verdere voordele van lidmaatskap is, onder andere -
- Toegang tot finansiering
- Winsdeling ten opsigte van saketransaksies aangegaan met VKB
- Vroeë betalingskorting
- Laer rentekoerse vir finansiering teen ledefondse
Kredietbestuurders
Besonderhede van die Finansieringspan verskyn hieronder. U is welkom om met die Kredietbestuurder in u gebied in aanraking te kom vir meer besonderhede:
| Nic van Stryp | Uitvoerende Hoof: Finansiering en Versekering | |
| Tel: | 058 863 8339 | |
| Danie de Wit |
Senior Kredietbestuurder |
|
| Tel: | 058 863 8216 | |
| ePos: |
JLIB_HTML_CLOAKING
|
|
| Gerhard Mostert | Wyk 1 & 6 | |
| Tel: | 058 863 8216 | Reitz, Frankfort en Tweeling |
| Sel: | 082 921 3003 | |
| Faks: | 086 519 3278 | |
| ePos: | JLIB_HTML_CLOAKING | |
| Ferdie Roodt | Wyk 2 | |
| Tel: | 058 863 8216 | Daniëlsrus, Bethlehem, Paul Roux, Clarens en Fouriesburg |
| Sel: | 082 928 9802 | |
| Faks: | 086 519 3274 | |
| ePos: | JLIB_HTML_CLOAKING | |
| Kobus Strydom | Wyk 3 & 7 | |
| Tel: | 058 863 8216 | Vrede, Memel, Cornelia, Woudzicht, Ascent, Oranjeville |
| Sel: | 082 871 3920 | en Jim Fouche |
| Faks: | 086 519 3280 | |
| ePos: | JLIB_HTML_CLOAKING | |
| Gert Fourie | Wyk 4 en 9 | |
| Tel: | 058 863 8216 | Petrus Steyn, Senekal, Lindley, Heilbron en Wes-Vrystaat |
| Sel: | 082 928 4209 | |
| Faks: | 086 519 3255 | |
| ePos: | JLIB_HTML_CLOAKING | |
| Adolf Botha | Wyk 5, 8 & 10 | |
| Tel: | 058 863 8216 | Warden, Harrismith, Kestell, Morgenzon, Verkykerskop, Villiers |
| Sel: | 082 375 4387 | en Windfield |
| Faks: | 086 519 3247 | |
| ePos: | JLIB_HTML_CLOAKING | |
| Leon Bergman | Wyk 11 & Opkomende produsente | |
| Tel: | 058 863 8216 | Qwa-Qwa en VKB-bedieningsgebied |
| Sel: | 073 847 8600 | |
| Faks: | 086 518 4264 | |
| ePos: | JLIB_HTML_CLOAKING | |
| Corien Mostert | Nie-produsente | |
| Tel: | 058 863 8213 | Alle ander debiteure wat nie aandeelhouers is nie |
| Faks: | 058 863 8259 | |
Rekeningnavrae
Rekeninghouers wat hulle by VKB geregistreer het, kan aanlyn navraag doen oor die stand van hulrekeninge, sowel as oor uitstaande saldonavrae. Die volgende personeel sal van hulp wees:
Danelle Stemmet (Wyk 1, 6 & 11)
Tel: 058 863 8210
Annette Scholtz (Wyk 4, 7 & 9)
Tel: 058 863 8206
Natasha Grobbelaar (Wyk 2 & 3)
Tel: 058 863 8204
Jacqueline Loots (Wyk 5, 8 & 10)
Tel: 058 863 8338
Elmarie Kroon (Nie-Produsente)
Tel: 058 863 8534
Om te registreer vir aanlynrekeningnavrae, skakel u Kredietbestuurder vir die nodige toegang.
Vir aanlynrekeningnavrae kliek hier: rekeningnavrae
Aanlynaansoek
Indien u om finansiering wil aansoek doen, kan die nodige dokumente aanlyn bekom word. Hierdie dokumente moet volledig ingevul word en saam met die vereiste stawende inligting aan die onderskeie kredietbestuurders besorg word.
Om aansoekvorms aanlyn te verkry, kliek hier: aanlynaansoek
Kontakbesonderhede
Die Finansieringsafdeling is by VKB se hoofkantoor op Reitz geleë. Die kontakbesonderhede van die persoon wat navrae aan VKB behartig, is soos volg:
Elmien Mostert
Tel: 058 863 8216
Faks: 058 863 8259

